Hoofstuk 2: Die ampte van die kerk

2.2. Die bedienaars van die Woord

5.1 Vir die toelating tot die bediening van die Woord word vereis:
5.1.1 geskiktheid vir die amp4;
5.1.2 deeglike teologiese opleiding5; en
5.1.3 ondertekening van die legitimasieverklaring waarin die ondertekening van die Formuliere van Eenheid vervat is.

5.2 Die Algemene Sinode bepaal die vereistes vir die opleiding, die aard en die toesig daaroor en die plekke waar dit moet geskied op aanbeveling van die Algemene Kuratorium.
5.2.1 Die Algemene Kuratorium word saamgestel deur die Algemene Sinode volgens die Reglement vir die Algemene Kuratorium.

5.3 Wanneer meer as een sinode om historiese of ander redes by ’n plaaslike kuratorium betrokke is, reël die betrokke sinodes onderling die wyse waarop die kuratorium saamgestel word. Ander sinodes het die reg om op eie koste elk een verteenwoordiger in die kuratorium te benoem.
5.3.1 Die sorg vir, asook die beheer en toesig oor die opleiding van evangeliedienaars word deur ’n plaaslike kuratorium behartig.
5.3.2 Die plaaslike kuratorium is verantwoordelik vir die keuring, begeleiding, toesighouding oor, eksaminering en aanbeveling vir toelating tot die evangeliebediening van teologiese studente. Hierdie verantwoordelikhede kan namens die kuratorium deur (’n) kommissie(s) van die kuratorium behartig word.
5.3.3 Die NG Kerkdosenteraad is meer bepaald vir die akademiese opleiding van die studente verantwoordelik.
5.3.4 Een lid van die NG Kerkdosenteraad het met adviserende stem sitting in die plaaslike kuratorium.

5.4 Die kuratorium benoem ’n proponentskommissie wat bestaan uit soveel lede as wat hy nodig ag uit bevoegde persone voorgelê aan die kuratorium deur die onderskeie sinodes en wat nie noodwendig lede van die kuratorium hoef te wees nie. Die proponentskommissie het as opdragte:
5.4.1 Die keuring en aanbeveling by die kuratorium van kandidate ná voltooiing van hul teologiese studies.
5.4.2 Die afneem van colloquium doctum.


4 Art. 5.1.1 vergelyk die Reglement vir die Opleiding en Legitimasie van Bedienaars van die Woord, punt 4.1.1.
5 Art. 5.1.2 vergelyk die Regement vir die Opleiding en Legitimasie van Bedienaars van die Woord, punt 4.1.2.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Toegang tot het ambt van predikant
Opleiding van de predikant
Ondertekening van belijdenissen
Roeping van de predikant

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 4
Kerkorde GKSA (2000) 4
Kerkorde GKv (1978) Art. 5
Kerkorde vGKN (2008) 5
Kerkorde VGKSA (2005) 5