Hoofstuk 2: Die ampte van die kerk

2.2. Die bedienaars van die Woord

14.1 ʼn Bedienaar van die Woord emeriteer op die ouderdom soos deur die Algemene Sinode bepaal10.

14.2 ʼn Bedienaar van die Woord wat weens verswakte gesondheid, ouderdom of andersins uit die diens tree en daarvoor kwalifiseer, ontvang die voordele volgens die bepalinge van die betrokke pensioenfonds. Daar behoort ook voldoende voorsiening gemaak te word vir die weduwee/wewenaar en wese van die bedienaar van die Woord.

14.3 ’n Emeritus kan, met goedkeuring van die ring, vir ’n bepaalde termyn en vir ʼn bepaalde taak beroep word (vergelyk die Reglement vir Vaste Termynposte, punt 4).

14.4 ʼn Emeritus wat weens verswakte gesondheid emeriteer het, moet eers weer beroepbaar gestel word deur die Algemene Bevoegdheidsraad.


10 Vergelyk Funksionele Besluite: Bedienaar van die Woord: aftreeouderdom.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Emeritaat

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 13
Kerkorde GKSA (2000) 13
Kerkorde GKv (1978) Art. 13
Kerkorde vGKN (2008) 13
Kerkorde VGKSA (2005) 13