Hoofstuk 6: Betrekkinge van die kerk na buite

6.4 Kerk en ekumeniese betrekking

70.1 Die Kerk streef daarna om deur middel van sy vergaderinge op ’n verantwoorde wyse met ander Christelike kerke saam te werk, ’n gemeenskaplike boodskap uit te dra en saam te stry vir die behoud van Christelike lewensbeginsels.28

70.2 Die Algemene Sinode bepaal die aard en graad van die betrekkinge met ander kerke of kerkgemeenskappe deur middel van ’n gewone meerderheidstem.

70.3 Die graad en wyse van samewerking word in elke geval bepaal deur die graad van ooreenstemming ten opsigte van belydenis, kerkregering, erediens en die siening van die Christelike lewenswandel van die betrokke kerk.

70.4 Die besluit oor ’n aansoek of beëindiging van lidmaatskap van ’n ekumeniese organisasie word geneem met ’n tweederdemeerderheidstem van die Algemene Sinode.


28 Vergelyk die Reglement vir die Verhouding tot ander Kerke en Groepe.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Oecumenische betrekkingen