Hoofstuk 4: Die arbeid van die kerk

4.3. Die Jeugbediening

50.1 Die jeug as wesenlike deel van die gemeente is die verantwoordelikheid van die Kerk en hierdie verantwoordelikheid is onvervreembaar en onoordraagbaar.

50.2 Die bediening aan die jeug as verbondsjeug is ’n geïntegreerde deel van die omvattende gemeentelike bediening waarin God deur sy Woord tot die jeug kom deur verkondiging, onderrig, toerusting, herderlike sorg en dienswerk. Hierdie gemeentelike bediening geskied onder die leiding van die ampte aan en deur die jeug.

50.3 Die kinders van die gemeente, asook alle buitekerklikes wat belydende lidmate van die gemeente wil word, moet onderrig word in die Woord van God en die leer van die Kerk. Hierdie onderrig geskied met die oog op belydenisaflegging waardeur hulle deel in die volle regte en verantwoordelikhede van belydende lidmate.

50.4 Waar die omvang en ander omstandighede van die werk dit vereis, word dit in kerkverband onderneem.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Catechese