Hoofstuk 2: Die ampte van die kerk

2.2. Die bedienaars van die Woord

12.1 Die bedienaar van die Woord word vir die uitvoering van die amp of bediening deur ’n kerkvergadering (kerkraad, ring, sinode, Algemene Sinode) beroep en in diens gestel.

12.2 Die bedienaar van die Woord is, as geroepene van die Here deur sy kerk, aan die Here én aan die betrokke kerkvergadering verantwoording verskuldig.

12.3 Die kerkvergadering gee aan die bedienaar van die Woord die respek en ondersteuning wat ‘n geroepene van die Here en sy kerk in staat kan stel om die amp en bediening effektief uit te voer.

12.4 Indiensneming en diensbeëindiging geskied deur die betrokke kerkvergadering in wie se diens die bedienaar van die Woord staan.

12.5 Slegs persone wat die nodige ampsbevoegdheid het (vergelyk Artikel 6 van die Kerkorde) kan in ’n gemeente of in die kerkverband as bedienaar van die Woord dien.

12.6 Die bedienaar van die Woord se dienste word met onmiddellike effek beëindig by verlies van bevoegdheid ingevolge die Reglement vir die Reëling van die Bevoegdheid van Bedienaars van die Woord, Proponente en Emeriti.

12.7 Die betrokke kerkvergadering kan die dienste van ’n bedienaar van die Woord in die volgende gevalle beëindig:
12.7.1 op grond van wangedrag;
12.7.2 op grond van gebrekkige bedieningsvaardigheid of dienslewering;
12.7.3 op grond van die gemeente of kerkverband se bedienings- en bedryfsvereistes (insluitend finansiële onvermoë).


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Beroeping
Levensonderhoud
Losmaking

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 11
Kerkorde GKN (1905) Art. 5
Kerkorde GKSA (2000) 11
Kerkorde GKSA (2000) 5
Kerkorde GKv (1978) Art. 11
Kerkorde GKv (1978) Art. 14
Kerkorde GKv (1978) Art. 6
Kerkorde vGKN (2008) 11
Kerkorde vGKN (2008) 6
Kerkorde VGKSA (2005) 11
Kerkorde VGKSA (2005) 14
Kerkorde VGKSA (2005) 6