Hoofstuk 1: Die belydenis en orde van die kerk

2.1 Waar die Woord van God eis dat in die gemeente van Christus alles welvoeglik en ordelik moet toegaan (1 Kor 14: 40), word in die volgende artikels ’n aantal bepalinge gegee vir die lewe en werk van die Kerk met die oog op die volbrenging van sy taak en roeping ooreenkomstig die Heilige Skrif en die Belydenis.

2.2 Hierdie bepalinge handel oor die ampte in die Kerk, die vergaderinge van die Kerk, die werksaamhede van die Kerk, regering en tug van die Kerk en die betrekkinge van die Kerk na buite.

2.3 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk reël sy eie interne orde op grond van sy onvervreembare roeping en interne bevoegdheid as kerk van Jesus Christus en ook op grond van sy reg tot vryheid van godsdiens.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Doel van de kerkorde

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 1
Kerkorde GKSA (2000) 1
Kerkorde GKv (1978) Art. 1
Kerkorde vGKN (2008) 1
Kerkorde VGKSA (2005) 1