Hoofstuk 2: Die ampte van die kerk

2.2. Die bedienaars van die Woord

11.1 ‘n Bedienaar van die Woord kan die kerklike bediening slegs om ernstige en gewigtige redes verlaat. Hy/sy hou op om bedienaar van die Woord te wees indien diens in die gemeente/kerkverband verlaat word om ’n ander betrekking te aanvaar. Hy/sy kan egter vooraf van die Algemene Bevoegdheidsraad verlof ontvang om proponentsbevoegdheid te behou.

11.2 Sodanige behoud van bevoegdheid kan alleen verleen word indien die betrekking wat aanvaar word, ’n geestelike karakter dra wat regstreeks met die verkondiging van die Woord in verband staan en ten bate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk geag word.

11.3 Indien daar ander gewigtige redes is, kan sodanige behoud van bevoegdheid alleen verleen word indien die Algemene Bevoegdheidsraad, op grond van aanbevelings van die kerkraad en die ring, oordeel dat daar genoegsame bona fide7 redes is om ʼn ander betrekking8 te aanvaar.


7 Bona fide redes is wanneer ʼn bedienaar van die Woord bedank uit sy werkkring sonder dat daar enigsins sprake is van dissiplinêre en/of tug optrede. Redes kan inhou dat die leraar vir die huidige nie sy weg oopsien om voort te gaan met die bediening nie.
8 Met die toekenning van proponentsbevoegdheid, kan die volgende ook oorweeg word, naamlik “dra die ander betrekking 'n geestelike karakter wat regstreeks met die verkondiging van die Woord in verband staan en ten bate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk geag word”.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Levenstaak
Ontheffing van het ambt
Preekbevoegdheid

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 12
Kerkorde GKSA (2000) 12
Kerkorde GKv (1978) Art. 15
Kerkorde vGKN (2008) 12
Kerkorde VGKSA (2005) 15