Hoofstuk 3: Die vergaderinge van die kerk

3.2. Besondere bepalinge

3.2.1 Die kerkraad

27.1 ’n Kerkraad mag desentraliseer en aan gedesentraliseerde kerkrade15 duidelik omskrewe bevoegdhede gee wat aan die ring vir goedkeuring voorgelê word.

27.2 Vir die behartiging van die besondere werksaamhede aan die onderskeie ampte verbonde, mag die ouderlinge en diakens gereeld afsonderlik vergader.


15 Gedesentraliseerde kerkrade word saamgestel uit die bedienaar(s) van die Woord, ouderlinge en diakens, aangewys deur die kerkraad. Met die term “gedesentraliseerde kerkraad” word enige groepering in die gemeente verstaan.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Kerkenraad
Diaconale vergadering

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 37
Kerkorde GKSA (2000) 37
Kerkorde GKv (1978) Art. 36
Kerkorde vGKN (2008) 31
Kerkorde VGKSA (2005) 36