Hoofstuk 6: Betrekkinge van die kerk na buite

6.3 Kerk en onderwys

69.1 Die Kerk beywer hom daarvoor dat die Woord van God en Protestants-Christelike norme en waardes rigtinggewend sal wees in onderwys- en opvoedkundige instellings en ook vir die kultuuridioom waarin die onderwys plaasvind.

69.2 Die Kerk erken die interne bevoegdheid van onderwysinstellings om tipiese onderwysaangeleenthede (standaarde, leerinhoude, ensovoorts) te finaliseer.

69.3 Die Kerk beywer hom vir Christelike opvoeding en onderwys vir sy kinders en jongmense. Hierdie onderwys moet verantwoorde standaarde en leerinhoude insluit.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Onderwijs

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 21
Kerkorde GKSA (2000) 21
Kerkorde GKv (1978) Art. 57
Kerkorde vGKN (2008) 49
Kerkorde VGKSA (2005) 57