Die vergaderings
Artikel
30
Bevoegdheid van die vergaderings
Hierdie vergaderings mag slegs kerklike sake behandel, op kerklike wyse.
’n Meerdere vergadering mag slegs sake behandel wat die kerke in sy gebied gemeenskaplik aangaan of wat nie in die mindere vergadering afgehandel kon word nie. Nuwe sake wat vanuit die kerke aan die orde gestel word, mag net in die weg van voorbereiding deur die mindere vergadering op die agenda van die meerdere vergadering geplaas word.