Die ampte

Artikel
12

Benoeming vir ’n spesifieke taak

’n Predikant mag geen benoeming aanneem waar hy hom heeltemal aan ’n spesifieke taak wy nie, byvoorbeeld dié van weermag- of hospitaal-predikant, tensy hy aan ’n kerk verbonde bly.

Die verhouding waarin hy tot die betrokke kerk staan, moet gereël word met die goedkeuring van die klassis.