Oor die Kerklike Vergaderings

Artikel
41

Samekoms van naburige kerke in klassis

Die klassis is ’n vergadering van naburige kerke wat elkeen ’n bedienaar van die Woord en ’n ouderling of, waar nie ’n bedienaar is nie, twee ouderlinge afvaardig. Die plek en die tyd van die volgende vergadering word deur die vorige vergadering bepaal [en dit mag nie meer as drie maande uitgestel word nie]*. Op hierdie vergadering moet die bedienaars van die Woord om die beurt presideer of anders die een wat deur die vergadering gekies word, maar dieselfde bedienaar mag nie op twee agtereenvolgende vergaderinge gekies word nie. Die praeses moet onder andere vra of die kerke kerkraadsvergaderings hou, of die kerklike tug uitgeoefen word, of die armes en die skole versorg word en of daar iets is waarin ’n kerk die oordeel en die hulp van die klassis vir sy regte bestuur nodig het. Op die laaste vergadering voor die partikuliere sinode moet die afgevaardigdes na hierdie sinode gekies word.


* Hierdie gedeelte is verander deur die Nasionale Sinode 1997, en moet nog goedgekeur word deur die Algemene Sinode