Die vergaderings

Klassikale vergaderings

’n Klassikale vergadering word deur die kerke van die klassikale gebied gevorm wat elk ’n predikant en ’n ouderling sal afvaardig met die vereiste geloofsbriewe.

So ’n vergadering sal minstens een maal elke drie maande belê word. Elke vergadering sal vasstel waar en wanneer die kerke opnuut sal saamkom. Die predikante sal beurte maak om die voorsitterskap te beklee. Die vergadering mag ook sy voorsitter kies, maar nie dieselfde een twee maal na mekaar nie. Die voorsitter sal vra of die amptelike dienste voortgaan, of die besluite van die meerdere vergaderings ten uitvoer gebring word, en of daar iets is waarby die kerkrade die oordeel of die hulp van die klassis nodig het vir die goeie voortgang van hulle plaaslike kerklike lewe.

In die laaste vergadering voor ’n partikuliere sinode sal die afgevaardigdes na daardie sinode gekies word.


Kerkorde VGKSA (2005)

 

TREFWOORDEN

Classicale vergadering

VERWANT MET
Kerkorde CanRC (1985) 44
Kerkorde FRCA (2003) 41
Kerkorde GKN (1905) Art. 41
Kerkorde GKSA (2000) 41
Kerkorde GKv (1978) Art. 41
Kerkorde NGKerk (2011) 30
Kerkorde NGKerk (2011) 31