Oor die Kerklike Vergaderings

Artikel
49

Deputate om uit te voer wat besluit is

Elke meerdere vergadering benoem deputate om wat besluit is, uit te voer volgens ’n welomskrewe opdrag. Die partikuliere sinode benoem in elk geval deputate om aan klassisse hulp te bied in voorkomende moeilikhede en om teenwoordig te wees by die proponents-eksamen (peremptoir). Vir die onderskeie belange, moet soveel moontlik afsonderlike groepe deputate benoem word. Hierdie deputate hou van al hulle handelinge notule om aan die meerdere vergadering verslag te doen. Slegs die betrokke meerdere vergadering kan hulle van hierdie opdrag onthef.