Oor die Kerklike Vergaderings

Artikel
45

Kontinuïteit van meerdere vergaderings (sinodes)

Elke meerdere vergadering benoem ’n korresponderende kerkraad of deputate vir korrespondensie wat alle stukke en dokumente van die vergadering ontvang en bewaar en sy handelinge op die volgende vergadering besorg. Eweneens benoem elke meerdere vergadering ’n roepende kerkraad om die volgende vergadering op te roep en te ontvang op die vasgestelde tyd en plek of anders op die tyd en plek wat die roepende kerkraad in die geval van die partikuliere sinode, volgens advies van sy klassis en in die geval van die algemene sinode, volgens advies van sy partikuliere sinode, bepaal.