Oor Kerklike Tug

Artikel
80

Openbare growwe sondes

Onder die growwe sondes wat skorsing in of afsetting uit die diens verdien, is die volgende die vernaamste: valse leer of kettery, openbare skeurmakery, openbare godslastering, simonie, trouelose verlating van die diens of indringing in die diens van ’n ander, meineed, egbreuk, hoerery, diefstal, geweldpleging, gewoontedronkenskap, vegtery, onregverdige winsbejag — kortom al die sondes en misdade wat die bedrywer by die wêreld en die kerk eerloos maak.