Hoofstuk 3: Die vergaderinge van die kerk

3.2. Besondere bepalinge

3.2.2 Die ring

Tot die werksaamhede van die ring behoort:

31.1 kerkvisitasie;

31.2 die opsig oor die gemeentes, om toe te sien dat kerkrade en gemeentes hulle roeping nakom;

31.3 advies en hulp aan kerkrade;

31.4 die stigting van nuwe gemeentes of ontbinding van gemeentes op versoek van kerkrade en die reëling van gemeentelike grense16;

31.5 die behandeling van sake wat óf in eerste instansie óf op appèl voor die ringsvergadering gebring word;

31.6 die behartiging van die gemeenskaplike roeping en gesamentlike werksaamhede van die gemeentes binne die ring soos telkens deur die ring bepaal;

31.7 die opsig en tug oor alle ouderlinge, diakens en bedienaars van die Woord, wat emeriti en proponente insluit, sonder om die opsig van die kerkraad oor sy ampsdraers uit te sluit (vergelyk Artikel 62.2 van die Kerkorde);

31.8 die aanwys van konsulente;

31.9 die toekenning van beperkte bevoegdheid op versoek van kerkrade.


16 Vergelyk die Reglement vir Vermeerdering, Kombinering, Eenwording en Samesmelting van Gemeentes, en die Vorming van ’n Nuwe Kerkverband.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Classicale vergadering

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 41
Kerkorde GKSA (2000) 41
Kerkorde GKv (1978) Art. 41
Kerkorde vGKN (2008) 38
Kerkorde VGKSA (2005) 41