6. Afskeid

Kort na die sondeval van Adam en Eva is al met die stereotipering (van die Grieks stereo = dieselfde, vaste + typos = beeld, model) van die man en vrou begin. Die opmerklike is dat dit gewoonlik ten koste van die vrou gebeur het: sy die swakkere, mindere, passiewe, ensovoort. Hierdie sataniese skema het tot gevolg gehad dat vroue nie anders kan as om met skuldgevoelens rond te loop nie: bloot omdat hulle vroue is!

 

6.1 Die vrou verhef, verlaag, vervolg en beperk

Onder hoeveel opvattings van die vrou het vroue deur die geskiedenis nie al gely nie:

Sy is verlaag tot ’n hoer, ’n seksobjek wat as enigste taak het om die man(ne) te behaag en genot te verskaf.

Sy is verhef tot ’n heilige, ’n maagd wat aanbid moet word.

Sy is vervolg as ’n heks, omdat die man nie geweet hoe sy houding teenoor haar moet wees nie.

Sy is beperk tot die huis as babaproduseerder, kok, huishoudster.

Veral hierdie laaste visie oor die vrou was baie populêr in ons gereformeerde tradisie vanaf die sestiende-eeuse Reformasie tot vandag toe. Ter illustrasie daarvan net een voorbeeld. Die groot Calvinis, Abraham Kuyper, gee in 1913 ’n boekie uit met die titel De eerepositie der vrouw (tweede druk 1932). Daarin huldig hy die standpunt dat man en vrou twee soorte mense is (!), sodat hulle wese en nature totaal verskil. Maar bowendien is die man ook altyd die hoof en die vrou aan die man onderdanig (bv. p. 59).

Dit het betrekking op die liggaamlike fasette: “Dit geldt in algemeenen zin het feit, dat het

|36|

beengestel in den man harder en sterker ontwikkeld is, dan in de vrouw, en dat, omgekeerd, de vollere, weekere, zachte vormen bij een vrouw als regel kenmerkend zijn. Als regel gaat ’t door, dat de vrouw kleiner van gestalte is, zwakker in haar spieren trekt, en zelfs in haar ademhalingsorganen en alzoo in stemkracht den man niet evenaren kan. In scherp gillen en hoog intoneeren moge de vrouw den man niet zelden overtreffen, in klankomvang en stem staat ze in het roepen bij hem achter. Zoo als de doctoren zeggen, geheel het motorisch stelsel is bij de vrouw zwakker van aanleg. En dit niet alleen, maar geheel de architectuur van ’t lichaam is bij de vrouw een andere. Iets wat volstrekt niet alleen in het sexueele verschil uitkomt, maar evenzoo in den opbouw. Bij een man vormt het hoofd, de schouders en de ribbekast het hoofdmoment, bij een vrouw daarentegen is de breedste uitzetting onder het middel. Dat dit alles nu met de bestemming van de vrouw om moeder te worden, samenhangt, behoeft nauwelijks gezegd, maar toch is het gemis van een baard, het dragen van het haar in langer lokken, de zwakkere vorm van de vuist, en het bezitten van grooter taaiheid bij zwakkere krachtsontwikkeling een kenmerk, dat zich als regel voor wie vrouw en man vergelijkt, niet loochenen laat” (p. 39, 40).

’n Ereposisie vir die vrou as sy in alles die swakkere en mindere van die man is?

Volgens Kuyper is die vrou ook psigies die mindere van die man. Dit kom byvoorbeeld daarin uit dat sy intellektueel nie dieselfde gawes as die man het nie. Die vrou is gevoelsmens (p. 23); verstandsvroue is hoë uitsonderings, en die manne hou nie van hulle nie (p. 41); wie die man by die wieg en die vrou agter die kateder plaas, tree teen die natuur en teen die Bybel op (p. 35).

In ooreenstemming met haar natuurlike verskille is die vrou se plek en beroep in die private lewe (binnekant van die samelewing) en die man s’n in die openbare lewe (buitekant van die samelewing).

’n Soldaat sal die vrou nimmer kan wees nie: “Het zou te kort schieten in kracht, in doorzettingsvermogen en in handhaving van ’t beleid” (p. 49). ’n Vroulike brandweer sou die stad in gevaar bring, en vroulike polisie sou elke waarborg vir die handhawing van orde laat verval (p. 49)! En die politieke terrein is die heel verste verwyderd van die terrein van die vrou. Na die stembus mag sy nie hunker nie en nog minder om ’n amp in die politiek te beklee.

Weer eens die vraag: Is dit werklik ’n ereposisie vir die vrou indien sy in haar huwelik en huis opgesluit is? En tog is daar baie mense wat vandag nog so oor die vrou dink!

Daar is baie dinge van die vrou gemaak, behalwe om haar toe te laat om te wees waarvoor God haar bedoel het en wat sy graag wou wees: vrou — volledig mens en tog totaal anders.

 

6.2 Verlossende boodskap van die Bybel

Veral in die lig hiervan was die bestudering van die Bybel spesifiek oor die vrou verfrissend en genesend. As die Woord van God onbevange gelees word, verlos dit ons werklik van ons eeue-oue, diepgewortelde vooroordele en stereotipes en bevry dit sowel vrou as man.

|37|

Manne, deur julle vroue in ondergeskikte posisies te hou, benadeel julle nie net hulle nie maar ook julleself. Hoe meer outoritêr julle teenoor julle vrou optree, hoe meer beskadig julle julle huwelik en word julle eie lewe verarm. Omgekeerd: hoe meer julle volgens die beginsel van “een vlees” julle eggenote erken, aanmoedig en laat ontwikkel, hoe meer verryk julle eie lewe en ontdek julle die wonderlike aanvulling waarvoor die geslagte geskep is.

Vroue, moenie dat duisende jare se geskiedenis van misogenie of hedendaagse verkrampte androsentrisme (selfs die soort wat sogenaamd op die Bybel “gegrond” is) u vreugde van vrouwees vergiftig nie. Die onontdekte moontlikhede wat vrouwees inhou, is legio en nog baie ryker as wat uit die voorgaande bladsye geblyk het!