Hoofstuk 5: Kerklike opsig, tug en dissipline

Appèl27

65.1 Ooreenkomstig Artikel 23 van die Kerkorde kan daar teen die bevindinge en tug- en/of dissiplinêre maatreëls van ondersoekliggame geappelleer word.

65.2 Oor leerstellige sake kan tot by die Algemene Sinode geappelleer word (vergelyk Artikel 44.4 van die Kerkorde).

65.3 Oor ander sake wat met die tug en/of dissipline verband hou, kan daar nie verder as die sinode geappelleer word nie.


27 Vergelyk die Reglement vir Appèl.


Kerkorde NGKerk (2011)