Hoofstuk 5: Kerklike opsig, tug en dissipline

Tug- en dissiplinêre maatreëls

64.1 Die onderstaande tug- en/of dissiplinêre maatreëls kan deur ondersoekliggame toegepas word.

64.2 Dooplidmate
64.2.1 ’n bestraffing in ’n privaatgesprek of ter vergadering van die ondersoekliggaam;
64.2.2 sensuur wat bestaan uit onthouding van die nagmaal en/of weerhouding van die aflegging van belydenis van geloof;
64.2.3 afsnyding van die gemeente deur die gebruik van die betrokke formulier.

64.3 Belydende lidmate
64.3.1 ’n bestraffing in ’n privaatgesprek of ter vergadering van die ondersoekliggaam;
64.3.2 sensuur wat bestaan uit die onthouding van die sakramente en die opskorting van ander lidmaatregte;
64.3.3 afsnyding van die gemeente nadat sensuur en voortgesette herderlike sorg nie tot berou gelei het nie, en deur die gebruik van die betrokke formulier.

64.4 Ouderlinge en diakens
64.4.1 ’n bestraffing in ’n privaatgesprek of ter vergadering van die ondersoekliggaam;
64.4.2 skorsing met of sonder onthouding van die sakramente en met of sonder opskorting van lidmaatregte totdat daar bewys van grondige berou is;
64.4.3 afsetting uit die diens met opskorting van lidmaatregte en onthouding van die sakramente

64.5 Bedienaars van die Woord, emeriti en proponente/werknemers met verslag aan die Algemene Bevoegdheidsraad in die geval van gelegitimeerdes
64.5.1 ’n bestraffing in ’n privaatgesprek of ter vergadering van die ondersoekliggaam, of ‘n skriftelike waarskuwing deur die werkgewer;
64.5.2 skorsing vir ‘n vasgestelde tydperk met een of meer van die volgende maatreëls:
64.5.2.1 opskorting van lidmaatregte;
64.5.2.2 onthouding van die sakramente;
64.5.2.3 gedeeltelike of volle weerhouding van lewensonderhoud en toelaes deur die werkgewer.
64.5.3 Indien die ondersoekliggaam nie oortuig is van die egtheid van die berou nie, kan hierdie skorsing verleng word.
64.5.4 Ontslag uit diens van die gemeente of uit diens van die kerkverband met een of meer van die volgende maatreëls:
64.5.4.1 opskorting van lidmaatregte vir ‘n vasgestelde tydperk en/of totdat daar berou is;
64.5.4.2 onthouding van die sakramente vir ‘n vasgestelde tydperk en/of totdat daar berou is;
64.5.4.3 kennisgewing aan die Algemene Bevoegdheidsraad dat die betrokke persoon se legitimasie vir ‘n vasgestelde tydperk opgeskort word;
64.5.4.4 kennisgewing aan die Algemene Bevoegdheidsraad dat die betrokke persoon se legitimasie met onmiddellike effek beëindig word, wat die nietigverklaring van die Akte van Legitimasie beteken.


Kerkorde NGKerk (2011)