Hoofstuk 4: Die arbeid van die kerk

4.5. Gemeentebediening

52.1 Die Kerk rig hom deur middel van gemeentebediening tot die lidmate ten einde die gemeente op te bou tot vervulling van sy dienswerk.

52.2 Die Kerk rig hom deur intensiewe gespesialiseerde gemeentebediening tot kerkvervreemdes wat formeel nog lidmate is ten einde hulle daadwerklik te bereik en hulle tot gemeenskap met Christus te bring.

52.3 Waar die omvang en ander omstandighede van die werk dit vereis, word dit in kerkverband onderneem.


Kerkorde NGKerk (2011)