Hoofstuk 4: Die arbeid van die kerk

4.2. Die sakramente

49.1 Die Doop22

Die heilige doop word deur ’n bedienaar van die Woord23 bedien met gebruikmaking van water en ‘n goedgekeurde liturgiese formulier. Dit word, behalwe by hoë uitsondering24, in die amptelike openbare samekoms van die gemeente, bedien.

49.2 Die Nagmaal

49.2.1 Die heilige nagmaal word minstens vier maal per jaar in elke gemeente gevier (vergelyk Funksionele Besluit: Nagmaal: gereelde viering van die nagmaal).
49.2.2 Tot die heilige nagmaal word toegelaat:
49.2.2.1 belydende lidmate van die gemeente;
49.2.2.2 dooplidmate van die gemeente wat deur die kerkraad toegelaat is tot die heilige nagmaal (vergelyk Funksionele Besluit: Nagmaal: praktyk van toelating van kinders by die nagmaal);
49.2.2.3 besoekers uit ander Nederduitse Gereformeerde gemeentes;
49.2.2.4 besoekers uit ander kerke (vergelyk die Reglement vir die Verhouding tot ander Kerke en Groepe, punte 3.2.2.1 en 3.2.2.2).


22 Vergelyk Funksionele Besluite: Doop.
23 Vergelyk Artikel 48.3.1 tot 48.3.3 met voetnota.
24 Die meriete van so ’n versoek word deur die kerkraad beoordeel.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Doopbediening
Avondmaalsviering
Toelating tot het avondmaal