Hoofstuk 3: Die vergaderinge van die kerk

3.2. Besondere bepalinge

3.2.4 Die Algemene Sinode

38.1 Die Algemene Sinode bestaan uit ’n maksimum van 200 afgevaardigdes wat saamgestel word uit ʼn gelyke aantal bedienaars van die Woord en ouderlinge/diakens van die sinodes.
38.1.1 Die eerste 100 afgevaardigdes word uit 10 persone per sinode saamgestel.
38.1.2 Die oorblywende 100 word proporsioneel volgens die aantal belydende lidmate van die sinodes saamgestel.

38.2 Die teologiese opleiding word in adviserende hoedanigheid verteenwoordig deur ʼn NG dosent van elk van die teologiese fakulteite van Stellenbosch, Pretoria en Bloemfontein.

38.3 Elke afvaardiging moet van 'n geloofsbrief voorsien wees.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Bijzondere synode