Hoofstuk 3: Die vergaderinge van die kerk

3.2. Besondere bepalinge

3.2.3 Die sinode

Die samestellende kerke of sinodes behou volle seggenskap oor hul eiendomme, finansies, werksaamhede, ensovoorts, wat hulle voor toetreding tot die algemene sinodale verband gehad het of daarna verwerf, behalwe dié wat volgens die Kerkorde aan die Algemene Sinode oorgedra is of sal word, of deur die Algemene Sinode in trust gehou word.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Bijzondere synode