Hoofstuk 2: Die ampte van die kerk

2.2. Die bedienaars van die Woord

8.1 Die bevestiging van ’n bedienaar van die Woord in ‘n gemeente geskied nadat:
8.1.1 die ring of sy gevolmagtigde kommissie skriftelik bevestig het dat aan al die kerklike vereistes voldoen is;
8.1.2. die diensooreenkoms deur beide partye onderteken is.
8.1.3 In die geval van ʼn bedienaar van die Woord in ʼn kerklike betrekking word die volgende aan die ring of sy gevolmagtigde kommissie voorgelê en by die beroepende kerkraad ingedien:
8.1.3.1 ’n akte van demissie uit die vorige werkkring.
8.1.4 In die geval van bedienaar van die Woord in ’n nie-kerklike betrekking word die volgende aan die ring of sy gevolmagtigde kommissie voorgelê en by die beroepende kerkraad ingedien:
8.1.4.1 ’n getuigskrif van eervolle ontslag; en
8.1.4.2 ’n attestaat uit die vorige gemeente.
8.1.5 In die geval van proponente:
8.1.5.1 moet die akte van legitimasie getoon word;
8.1.5.2 moet ’n attestaat by die beroepende kerkraad ingelewer word; en
8.1.5.3 geskied die bevestiging met oplegging van hande waarna predikantsbevoegdheid verkry word.

8.2 Die bevestiging in diens van die kerkverband vind plaas nadat:
8.2.1 die betrokke sinodale regs-/kerkordekommissie of sy gevolmagtigde skriftelik bevestig het dat aan al die kerklike vereistes voldoen is;
8.2.2 al die verlangde stukke getoon en/of ingedien is (vergelyk Artikel 8.1 van die Kerkorde); en
8.2.3 die diensooreenkoms deur beide partye onderteken is.

8.3 Dit is die verantwoordelikheid van die betrokke kerkvergadering in wie se diens die bedienaar van die Woord/proponent is om onverwyld kennis aan die Algemene Bevoegdheidsraad te gee van enige verandering wat mag intree ten opsigte van standplaas en/of bevoegdheid.


Kerkorde NGKerk (2011)

 

TREFWOORDEN

Bevestiging van een predikant
Akte van ontslag

VERWANT MET
Kerkorde GKN (1905) Art. 10
Kerkorde GKSA (2000) 10
Kerkorde GKv (1978) Art. 7
Kerkorde vGKN (2008) 10
Kerkorde VGKSA (2005) 7