Die ampte

Taak van die ouderlinge

Die taak van die ouderlinge is om saam met die bedienaars van die Woord die gemeente in herderlike sorg te regeer. Hulle sien toe dat die predikante, die mede-ouderlinge en die diakens hul amp getrou vervul. Hulle doen huisbesoek so dikwels as wat nodig is vir die opbou van die gemeente, ten minste eenmaal per jaar. Ook moet hulle saam met die predikante die tug toepas en sorg dat alles in die gemeente op ’n gepaste en ordelike wyse geskied.


Kerkorde VGKSA (2005)

 

TREFWOORDEN

Taak van de ouderling

VERWANT MET
Kerkorde CanRC (1985) 22
Kerkorde FRCA (2003) 20
Kerkorde GKN (1905) Art. 23
Kerkorde GKSA (2000) 23
Kerkorde GKv (1978) Art. 21
Kerkorde NGKerk (2011) 16