Die ampte

Genre: Tijdschriftartikel

Roeping van ouderlinge en diakens

Die ouderlinge en diakens sal tot hul amp geroep word deur die kerkraad en die diakens, met medewerking van die gemeente en met inagneming van die plaaslike reëling. Dit sluit in dat die gemeentelede die kerkraad se aandag kan vestig op persone wat hulle geskik ag.

Die kerkraad sal die gemeente uit ’n dubbele getal laat kies en daarna dié wat gekies is, benoem. Indien daar geen wettige beswaar ingedien word nie, sal hulle tydens ’n erediens in hulle ampte bevestig word.

Die kerkraad kan ook soveel persone as wat nodig is om elke amp te vul, aan die gemeente voorstel.

Indien daar geen wettige beswaar teen hulle ingedien word nie, sal hulle op dieselfde wyse in hulle ampte bevestig word. In beide gevalle moet die vasgestelde formulier vir die bevestiging van ouderlinge en diakens gebruik word.


Kerkorde VGKSA (2005)

 

TREFWOORDEN

Roeping tot een ambt
Verkiezing van ouderlingen en diakenen
Benoeming van ouderlingen en diakenen
Bevestiging van ouderlingen en diakenen
Instemming van de gemeente

VERWANT MET
Kerkorde CanRC (1985) 3
Kerkorde FRCA (2003) 3
Kerkorde GKN (1905) Art. 22
Kerkorde GKN (1905) Art. 24
Kerkorde GKSA (2000) 22
Kerkorde GKSA (2000) 24
Kerkorde GKv (1978) Art. 20