Die ampte

Artikel
8

Toelating sonder teologiese opleiding

Diegene wat geen teologiese opleiding ontvang het nie, kan nie tot die amp van bedienaar van die Woord toegelaat word nie, tensy dit oortuigend blyk dat hulle besondere gawes van godsvrug, ootmoed, ingetoënheid, verstand, onderskeidingsvermoë en welsprekendheid het.

As sulke persone toelating tot die diens van die Woord vra, sal die klassis hulle eksamineer na toestemming deur die partikuliere sinode. Indien die eksamen volgens die oordeel van die klassis gunstig verloop, sal die klassis ’n periode vasstel waartydens hulle as proponent mag voorgaan in die kerke wat onder daardie klassis ressorteer.

Daarna sal die klassis verder met hulle handel soos dit na sy oordeel verantwoord is, volgens die algemene reëls wat daarvoor deur die kerke vasgestel is.