|
Voorwoord
Artikel 1
Artikel 2
Artikel 3
Artikel 4 en 5
Artikel 6
Artikel 7
Artikel 8
Artikel 9
Artikel 10
Artikel 11
Artikel 12
Artikel 13 en 20
Artikel 14
Artikel 15
Artikel 16
Artikel 17 en 84
Artikel 18
Artikel 19
Artikel 21
Artikel 22
Artikel 23
Artikel 24
Artikel 25
Artikel 26
Artikel 27
Artikel 28
Artikel 29
Artikel 30
Artikel 31
Artikel 32
Artikel 33
Artikel 34
Artikel 35
Artikel 36
Artikel 37
Artikel 38
Artikel 39
Artikel 40
Artikel 41
Artikel 42
Artikel 43
Artikel 44
Artikel 45
Artikel 46
Artikel 47
Artikel 48
Artikel 49
Artikel 50
Artikel 51
Artikel 52
Artikel 53 en 54
Artikel 55
Artikel 56
Artikel 57
Artikel 58
Artikel 59
Artikel 60
Artikel 61
Artikel 62, 63 en 64
Artikel 65
Artikel 66
Artikel 67
Artikel 68
Artikel 69
Artikel 70
Artikel 71
Artikel 72 en 73
Artikel 74
Artikel 75
Artikel 76
Artikel 77
Artikel 78
Artikel 79 en 80
Artikel 81
Artikel 82
Artikel 83
Artikel 84
Artikel 85
Artikel 86
Bylae A1
Bylae A2
Bylae B
Bylae C
Bylae D
Bylae E
|
Die bedienaars van die Woord moet op Sondag, gewoonlik in die tweede diens, die hoofinhoud van die Christelike leer soos vervat in die Heidelbergse Kategismus uitlê en soveel moontlik jaarliks afhandel volgens die Sondagsafdeling daarvan.
Woordbediening
Kategismusprediking is niks anders nie as Woordbediening. Die Kategismus, soos ook die ander Belydenisskrifte, formuleer slegs wat die Woord van God sê.
Teks?
'n Vraag in verband met Kategismusprediking is of daar by elke Kategismuspreek 'n spesifieke teks uit die Skrif aangegee moet word. Die antwoord hierop is onomwonde: Nee; en wel om twee redes: · 'n bepaalde teks is nie nodig nie, omdat elke Sondagsafdeling en elke vraag en antwoord duidelik gegrond is op spesifieke Skrifgedeeltes; · baie min Sondagsafdelings (indien enige) kan deur 'n enkele teks uit die Skrif gedek word. Indien nodig, kan predikante meer as een Skrifgedeelte voorlees wat by die betrokke Sondagsafdeling pas. Die gevaar om elke Kategismuspreek deur 'n enkele teks te probeer „dek", loop meestal daarop uit dat die preek tussen die teks en die Sondagsafdeling deurval. Dan gebeur een van drie: · die preek laat nie reg geskied aan die teks nie; · die preek laat nie reg geskied aan die Sondagsafdeling nie; · die preek laat nie reg geskied aan óf die teks óf die Sondagsafdeling nie. As kurator van die Teologiese Skool Potchefstroom, en ook as hoorder van heelwat „Kategismuspreke" deur gevestigde predikante, het ek die bogenoemde probleme só dikwels duidelik gemerk.
Ook ander Belydenisskrifte?
Die gebruik by sommige predikante om die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls soms in die plek van die Heidelbergse Kategismus te preek, moet sterk ontmoedig word. Die Heidelbergse Kategismus is spesifiek opgestel as 'n troos- en leerboek - iets wat nie van die NGB en die DLR gesê kan word nie. Hierdie laasgenoemde twee Belydenisskrifte verskil opmerklik van die Heidelbergse Kategismus wat opset, inkleding en doel betref. Meestal loop „preke" uit hierdie ander twee Belydenisskrifte ook uit op „lesings in dogmatiek". Die argument dat die betrokke drie Belydenisskrifte hoofsaaklik dieselfde inhoud het, is nie geldig nie. Die DLR handel hoofsaaklik oor die predestinasie (uitverkiesing en verwerping), terwyl die NGB oor baie leerstukke nie so omvattend en uitvoerig handel as die Heidelbergse Kategismus nie (vergelyk byvoorbeeld Sondag 31 met NGB art. 32 en Sondae 26-30 met NGB artt. 34 en 35). Die „styl" van die NGB en DLR is ook beslis nie soos dié van die Heidelbergse Kategismus as troos- en leerboek nie. Die ander twee genoemde Belydenisskrifte kan wel naas die „vrye stof"-preke gepreek word, maar nie in die plek van die Heidelbergse Kategismus nie. Artikel 68 verbied nie prediking uit die NGB en die DLR nie, maar dit gebied gereelde en sistematiese prediking uit die Heidelbergse Kategismus.
Sondagsafdelings verdeel?
Mag 'n predikant in sy Kategismusprediking ook individuele Vrae/Antwoorde behandel in plaas van hele Sondagsafdelings? By wyse van uitsondering en afwisseling mag so iets gewens wees. Hierdie artikel bepaal naamlik slegs dat die Kategismus elke jaar „soveel moontlik" volledig afgehandel moet word.

|