|
Voorwoord
Artikel 1
Artikel 2
Artikel 3
Artikel 4 en 5
Artikel 6
Artikel 7
Artikel 8
Artikel 9
Artikel 10
Artikel 11
Artikel 12
Artikel 13 en 20
Artikel 14
Artikel 15
Artikel 16
Artikel 17 en 84
Artikel 18
Artikel 19
Artikel 21
Artikel 22
Artikel 23
Artikel 24
Artikel 25
Artikel 26
Artikel 27
Artikel 28
Artikel 29
Artikel 30
Artikel 31
Artikel 32
Artikel 33
Artikel 34
Artikel 35
Artikel 36
Artikel 37
Artikel 38
Artikel 39
Artikel 40
Artikel 41
Artikel 42
Artikel 43
Artikel 44
Artikel 45
Artikel 46
Artikel 47
Artikel 48
Artikel 49
Artikel 50
Artikel 51
Artikel 52
Artikel 53 en 54
Artikel 55
Artikel 56
Artikel 57
Artikel 58
Artikel 59
Artikel 60
Artikel 61
Artikel 62, 63 en 64
Artikel 65
Artikel 66
Artikel 67
Artikel 68
Artikel 69
Artikel 70
Artikel 71
Artikel 72 en 73
Artikel 74
Artikel 75
Artikel 76
Artikel 77
Artikel 78
Artikel 79 en 80
Artikel 81
Artikel 82
Artikel 83
Artikel 84
Artikel 85
Artikel 86
Bylae A1
Bylae A2
Bylae B
Bylae C
Bylae D
Bylae E
|
Volwassenes word deur die doop in die gemeente van Christus ingelyf en as lidmate van die kerk opgeneem en daarom is hulle verplig om die Nagmaal van die Here te gebruik soos hulle by hulle doop belowe het om te doen.
[OPMERKING: Die Nasionale Sinode van 1994 het die woord „gemeente" in hierdie artikel verander na „kerk". Hierdie wysiging moet egter eers, volgens artikel 86 KO, vir advies aan die ander Nasionale Sinodes voorgelê word voordat dit vir goedkeuring na die Algemene Sinode deurgestuur kan word (kyk Handelinge Sinode 1994, p. 437-455, art. 22.7)].
Konsekwensies van volwassedoop
Hierdie artikel bepaal dat volwassenes deur die doop as lidmate van die kerk opgeneem word. In artikel 56 word gesê dat die verbond van God deur die doop beseël word; dit geld ook van die volwassedoop. Iemand wat dus as volwassene gedoop word en belydende lidmaat van die kerk geword het (kyk p. 263 by „Leeftydsgrens vir die kinderdoop"), moet die verbond bewustelik belewe. Hy is onder andere verplig om die Nagmaal te gebruik soos hy beloof het.
Konsekwensies van ongeoorloofde herdoop
Soms raak belydende lidmate emosioneel só meegevoer deur een of ander sekte se volwassedoop dat hulle hulself as volwassenes laat „oordoop". Hieroor het die Sinode van 1945 soos volg besluit: „Die Sinode is van oordeel dat as 'n lidmaat van die Geref. Kerk hom deur 'n sekte laat doop het, hy daardeur by sodanige sekte aangesluit het. Daardeur verval hy as lidmaat van die Gereformeerde Kerk en kan alleen weer opgeneem word ná openbare belydenis van geloof." (Handelinge p. 126, art. 93(a), 171). So 'n lidmaat het dus met die daad van herdoop sy geloofsbelydenis verloën en opgehou om lidmaat van die betrokke Gereformeerde Kerk te wees. Streng rigoristies gesproke mag 'n kerkraad dus, volgens hierdie Sinodebesluit, eenvoudig 'n lidmaat se naam uit die lidmaatregister skrap as hy hom deur 'n sekte laat „oordoop" het. Ek meen egter dat dit nie die korrekte manier van optrede is nie. Ondervinding het geleer dat sommige lidmate wat hulle laat „oordoop" het, nie die volle konsekwensies van hul daad besef het nie. Deur liefdevolle pastorale bediening en onderrig kan sulke lidmate tot die besef gebring word van die sondigheid van hulle impulsiewe optrede. Hulle kan dan voor 'n kerkraadskommissie hul berou betoon en opnuut hul geloof bely. Openbare aflegging van geloofsbelydenis is dus nie nodig nie. Indien lidmate nie die sondigheid van hul optrede wil besef en bely nie, moet die beëindiging van hul lidmaatskap duidelik aan hulle uitgespel en aan die gemeente bekend gemaak word. Heropname as lidmate kan in hierdie gevalle slegs gebeur na openbare aflegging van geloofsbelydenis.

|