Uitgebreid zoeken
Kerkrecht.nl
Help
Contact


auteur(s): Visser, J.
genre: Commentaren
bundel:
tijdschrift:
jaargang:
uitgever:
plaats: Pretoria
jaar: 1999
druk:
ISBN/ISSN:
aantal pagina's:

  • Voorwoord
  • Artikel 1
  • Artikel 2
  • Artikel 3
  • Artikel 4 en 5
  • Artikel 6
  • Artikel 7
  • Artikel 8
  • Artikel 9
  • Artikel 10
  • Artikel 11
  • Artikel 12
  • Artikel 13 en 20
  • Artikel 14
  • Artikel 15
  • Artikel 16
  • Artikel 17 en 84
  • Artikel 18
  • Artikel 19
  • Artikel 21
  • Artikel 22
  • Artikel 23
  • Artikel 24
  • Artikel 25
  • Artikel 26
  • Artikel 27
  • Artikel 28
  • Artikel 29
  • Artikel 30
  • Artikel 31
  • Artikel 32
  • Artikel 33
  • Artikel 34
  • Artikel 35
  • Artikel 36
  • Artikel 37
  • Artikel 38
  • Artikel 39
  • Artikel 40
  • Artikel 41
  • Artikel 42
  • Artikel 43
  • Artikel 44
  • Artikel 45
  • Artikel 46
  • Artikel 47
  • Artikel 48
  • Artikel 49
  • Artikel 50
  • Artikel 51
  • Artikel 52
  • Artikel 53 en 54
  • Artikel 55
  • Artikel 56
  • Artikel 57
  • Artikel 58
  • Artikel 59
  • Artikel 60
  • Artikel 61
  • Artikel 62, 63 en 64
  • Artikel 65
  • Artikel 66
  • Artikel 67
  • Artikel 68
  • Artikel 69
  • Artikel 70
  • Artikel 71
  • Artikel 72 en 73
  • Artikel 74
  • Artikel 75
  • Artikel 76
  • Artikel 77
  • Artikel 78
  • Artikel 79 en 80
  • Artikel 81
  • Artikel 82
  • Artikel 83
  • Artikel 84
  • Artikel 85
  • Artikel 86
  • Bylae A1
  • Bylae A2
  • Bylae B
  • Bylae C
  • Bylae D
  • Bylae E
  • Artikel 59

    Volwassenes word deur die doop in die gemeente van Christus ingelyf en as lidmate van die kerk opgeneem en daarom is hulle verplig om die Nagmaal van die Here te gebruik soos hulle by hulle doop belowe het om te doen.

    [OPMERKING: Die Nasionale Sinode van 1994 het die woord „gemeente" in hierdie artikel verander na „kerk". Hierdie wysiging moet egter eers, volgens artikel 86 KO, vir advies aan die ander Nasionale Sinodes voorgelê word voordat dit vir goedkeuring na die Algemene Sinode deurgestuur kan word (kyk Handelinge Sinode 1994, p. 437-455, art. 22.7)].

    Konsekwensies van volwassedoop

    Hierdie artikel bepaal dat volwassenes deur die doop as lidmate van die kerk opgeneem word.
    In artikel 56 word gesê dat die verbond van God deur die doop beseël word; dit geld ook van die volwassedoop.
    Iemand wat dus as volwassene gedoop word en belydende lidmaat van die kerk geword het (kyk p. 263 by „Leeftydsgrens vir die kinderdoop"), moet die verbond bewustelik belewe. Hy is onder andere verplig om die Nagmaal te gebruik soos hy beloof het.

    Konsekwensies van ongeoorloofde herdoop

    Soms raak belydende lidmate emosioneel só meegevoer deur een of ander sekte se volwassedoop dat hulle hulself as volwassenes laat „oordoop".
    Hieroor het die Sinode van 1945 soos volg besluit: „Die Sinode is van oordeel dat as 'n lidmaat van die Geref. Kerk hom deur 'n sekte laat doop het, hy daardeur by sodanige sekte aangesluit het. Daardeur verval hy as lidmaat van die Gereformeerde Kerk en kan alleen weer opgeneem word ná openbare belydenis van geloof." (Handelinge p. 126, art. 93(a), 171).
    So 'n lidmaat het dus met die daad van herdoop sy geloofsbelydenis verloën en opgehou om lidmaat van die betrokke Gereformeerde Kerk te wees.
    Streng rigoristies gesproke mag 'n kerkraad dus, volgens hierdie Sinodebesluit, eenvoudig 'n lidmaat se naam uit die lidmaatregister skrap as hy hom deur 'n sekte laat „oordoop" het.
    Ek meen egter dat dit nie die korrekte manier van optrede is nie.
    Ondervinding het geleer dat sommige lidmate wat hulle laat „oordoop" het, nie die volle konsekwensies van hul daad besef het nie.
    Deur liefdevolle pastorale bediening en onderrig kan sulke lidmate tot die besef gebring word van die sondigheid van hulle impulsiewe optrede.
    Hulle kan dan voor 'n kerkraadskommissie hul berou betoon en opnuut hul geloof bely. Openbare aflegging van geloofsbelydenis is dus nie nodig nie.
    Indien lidmate nie die sondigheid van hul optrede wil besef en bely nie, moet die beëindiging van hul lidmaatskap duidelik aan hulle uitgespel en aan die gemeente bekend gemaak word.
    Heropname as lidmate kan in hierdie gevalle slegs gebeur na openbare aflegging van geloofsbelydenis.