|
Voorwoord
Artikel 1
Artikel 2
Artikel 3
Artikel 4 en 5
Artikel 6
Artikel 7
Artikel 8
Artikel 9
Artikel 10
Artikel 11
Artikel 12
Artikel 13 en 20
Artikel 14
Artikel 15
Artikel 16
Artikel 17 en 84
Artikel 18
Artikel 19
Artikel 21
Artikel 22
Artikel 23
Artikel 24
Artikel 25
Artikel 26
Artikel 27
Artikel 28
Artikel 29
Artikel 30
Artikel 31
Artikel 32
Artikel 33
Artikel 34
Artikel 35
Artikel 36
Artikel 37
Artikel 38
Artikel 39
Artikel 40
Artikel 41
Artikel 42
Artikel 43
Artikel 44
Artikel 45
Artikel 46
Artikel 47
Artikel 48
Artikel 49
Artikel 50
Artikel 51
Artikel 52
Artikel 53 en 54
Artikel 55
Artikel 56
Artikel 57
Artikel 58
Artikel 59
Artikel 60
Artikel 61
Artikel 62, 63 en 64
Artikel 65
Artikel 66
Artikel 67
Artikel 68
Artikel 69
Artikel 70
Artikel 71
Artikel 72 en 73
Artikel 74
Artikel 75
Artikel 76
Artikel 77
Artikel 78
Artikel 79 en 80
Artikel 81
Artikel 82
Artikel 83
Artikel 84
Artikel 85
Artikel 86
Bylae A1
Bylae A2
Bylae B
Bylae C
Bylae D
Bylae E
|
Onderskeie klassisse, partikuliere en/of nasionale sinodes onder kerke in algemene sinodale verband, kan met naburige klassisse, partikuliere en/of nasionale sinodes onderskeidelik, korrespondensie hou soos elkeen dit vir die algemene welsyn die beste ag.
Die term „korrespondensie"
Die term „korrespondensie" in hierdie artikel beteken nie primęr en per se „briefwisseling" nie, maar wel „ooreenkoms" of „ooreenstemming". Kerke in dieselfde kerkverband (en dus ook kerklike vergaderings) is met mekaar een in Belydenis, liturgie en kerkregering. Daar is dus ooreenstemming (korrespondensie) tussen hulle oor kardinale sake. Hierdie eenheid of ooreenstemming moet ook gehandhaaf en daadwerklik uitgeleef word.
Wyse van korrespondensie hou
Die wyse waarop kerke met mekaar hul eenheid of ooreenstemming uitleef en met mekaar korrespondensie hou, bestaan allereers in die gesamentlike vergadering in meerdere vergaderings oor sake van gemeenskaplike belang. Meerdere vergaderings kan egter ook, volgens hierdie artikel, met ander naburige meerdere vergaderings korrespondensie hou om hul eenheid en ooreenstemming te beleef. Dit kan gedoen word by wyse van briefwisseling, of by wyse van gesamentlike vergaderings oor gemeenskaplike sake deur middel van deputate. Alternatiewelik kan een meerdere vergadering ook 'n afvaardiging stuur om die byeenkoms van 'n naburige meerdere vergadering by te woon met 'n bepaalde opdrag. 'n Ander voorbeeld van die onderhouding van hierdie „korrespondensie" is die gereelde ontmoetings van deputate van die verskillende nasionale sinodes oor die samestelling van die algemene sinode en aanverwante sake (kyk Handelinge Algemene Sinode 1992. p. 25-26, art. 16, veral punt 3.2.3).

|