|
Voorwoord
Artikel 1
Artikel 2
Artikel 3
Artikel 4 en 5
Artikel 6
Artikel 7
Artikel 8
Artikel 9
Artikel 10
Artikel 11
Artikel 12
Artikel 13 en 20
Artikel 14
Artikel 15
Artikel 16
Artikel 17 en 84
Artikel 18
Artikel 19
Artikel 21
Artikel 22
Artikel 23
Artikel 24
Artikel 25
Artikel 26
Artikel 27
Artikel 28
Artikel 29
Artikel 30
Artikel 31
Artikel 32
Artikel 33
Artikel 34
Artikel 35
Artikel 36
Artikel 37
Artikel 38
Artikel 39
Artikel 40
Artikel 41
Artikel 42
Artikel 43
Artikel 44
Artikel 45
Artikel 46
Artikel 47
Artikel 48
Artikel 49
Artikel 50
Artikel 51
Artikel 52
Artikel 53 en 54
Artikel 55
Artikel 56
Artikel 57
Artikel 58
Artikel 59
Artikel 60
Artikel 61
Artikel 62, 63 en 64
Artikel 65
Artikel 66
Artikel 67
Artikel 68
Artikel 69
Artikel 70
Artikel 71
Artikel 72 en 73
Artikel 74
Artikel 75
Artikel 76
Artikel 77
Artikel 78
Artikel 79 en 80
Artikel 81
Artikel 82
Artikel 83
Artikel 84
Artikel 85
Artikel 86
Bylae A1
Bylae A2
Bylae B
Bylae C
Bylae D
Bylae E
|
Waar in 'n kerk meer as een bedienaar van die Woord is, kan ook die wat nie volgens die bogenoemde artikel afgevaardig is nie, in die klassis teenwoordig wees met adviserende stem.
Wese van klassis
Omdat die klassis 'n vergadering van kerke is en nie van ampsdraers nie, is die bepaling in hierdie artikel van aktuele betekenis. Waar daar in 'n kerk meer as een predikant is, mag slegs een na die klassis afgevaardig word (art. 41). Die ander predikant(e) mag egter die klassis bywoon met „adviserende stem"; dit beteken dat so 'n predikant in die klassis mag praat, maar nie mag stem nie. Hierdie vergunning word gewoonlik ook toegestaan aan emeriti.
Ook in ander meerdere vergaderings?
Die bepaling in hierdie artikel met verwysing na die klassis, word normaalweg ook toegepas in ander meerdere vergaderings: predikante wat nie afgevaardig is na die ander meerdere vergaderings nie, word ook in daardie vergaderings toegelaat „met adviserende stem". Dit spreek vanself dat sulke predikante nie van die vergunning in hierdie artikel misbruik moet maak en die tyd van sulke vergaderings onnodig in beslag moet neem nie. Die nasionale sinode moes in die verlede, weens gebrek aan voldoende tyd, besluit om aan geen besoeker (behalwe dié wat amptelik deur ander instansies/kerke gestuur is) spreekgeleentheid te gee nie.
Ook ouderlinge?
Na analogie van bogenoemde vergunning aan nie-afgevaardigde predikante, is dit in meeste meerdere vergaderings die gebruik om ook bona fide ouderlinge wat nie afgevaardig is nie, in die vergadering toe te laat „met adviserende stem".

|