Uitgebreid zoeken
Kerkrecht.nl
Help
Contact


auteur(s): Visser, J.
genre: Commentaren
bundel:
tijdschrift:
jaargang:
uitgever:
plaats: Pretoria
jaar: 1999
druk:
ISBN/ISSN:
aantal pagina's:

  • Voorwoord
  • Artikel 1
  • Artikel 2
  • Artikel 3
  • Artikel 4 en 5
  • Artikel 6
  • Artikel 7
  • Artikel 8
  • Artikel 9
  • Artikel 10
  • Artikel 11
  • Artikel 12
  • Artikel 13 en 20
  • Artikel 14
  • Artikel 15
  • Artikel 16
  • Artikel 17 en 84
  • Artikel 18
  • Artikel 19
  • Artikel 21
  • Artikel 22
  • Artikel 23
  • Artikel 24
  • Artikel 25
  • Artikel 26
  • Artikel 27
  • Artikel 28
  • Artikel 29
  • Artikel 30
  • Artikel 31
  • Artikel 32
  • Artikel 33
  • Artikel 34
  • Artikel 35
  • Artikel 36
  • Artikel 37
  • Artikel 38
  • Artikel 39
  • Artikel 40
  • Artikel 41
  • Artikel 42
  • Artikel 43
  • Artikel 44
  • Artikel 45
  • Artikel 46
  • Artikel 47
  • Artikel 48
  • Artikel 49
  • Artikel 50
  • Artikel 51
  • Artikel 52
  • Artikel 53 en 54
  • Artikel 55
  • Artikel 56
  • Artikel 57
  • Artikel 58
  • Artikel 59
  • Artikel 60
  • Artikel 61
  • Artikel 62, 63 en 64
  • Artikel 65
  • Artikel 66
  • Artikel 67
  • Artikel 68
  • Artikel 69
  • Artikel 70
  • Artikel 71
  • Artikel 72 en 73
  • Artikel 74
  • Artikel 75
  • Artikel 76
  • Artikel 77
  • Artikel 78
  • Artikel 79 en 80
  • Artikel 81
  • Artikel 82
  • Artikel 83
  • Artikel 84
  • Artikel 85
  • Artikel 86
  • Bylae A1
  • Bylae A2
  • Bylae B
  • Bylae C
  • Bylae D
  • Bylae E
  • Artikel 39

    Plekke waar nog geen kerkraad kan wees nie, moet deur die klassis onder die sorg van 'n naburige kerkraad gestel word.

    Interpretasie van artikel

    Na aanleiding van 'n beskrywingspunt oor die interpretasie van hierdie artikel, naamlik wanneer 'n lidmaat verspreidwonend is en of dit bepaal word t.o.v. die lidmaat of t.o.v. die gemeente, het die Sinode van 1955 besluit dat die beantwoording van die vraag tuishoort by die betrokke klassis (Handelinge p. 374).
    Die Sinode van 1961 het egter bepaalde riglyne gegee met betrekking tot die bearbeiding van verspreidwonende lidmate (Handelinge p. 446 e.v.).

    Geestelike versorging van verspreidwonendes

    In hierdie artikel gaan dit basies om die geestelike versorging van lidmate wat onbereikbaar ver van 'n geïnstitueerde kerk (lees: gemeente) woonagtig is (selfs in die buiteland).
    Die kerke in gebiede waar moontlike verspreidwonende lidmate kan wees, moet 'n opname van sulke gevalle maak en dit onder die aandag van die klassis bring.
    In sulke gevalle moet die klassis, in wie se gebied sulke lidmate woon, die lidmate plaas onder die sorg van 'n naburige kerkraad.
    Dit impliseer die volgende:
    · die name van sulke lidmate (doop en belydend) moet (verkieslik afsonderlik) in die lidmaatregister van die „versorgende" kerk ingeskryf word en afsonderlik in die statistiek vir die Almanak aangegee word (kyk besluit van Sinode 1955, Handelinge p. 262, „Art. 220. Statistiek in Almanak.").
    · 'n ouderling en diaken moet so gou moontlik gekies/aangewys word vir die bearbeiding van hierdie lidmate;
    · bediening van Woord en sakramente aan hierdie lidmate, kategetiese onderrig aan dooplidmate, sowel as huisbesoek moet so gereeld moontlik plaasvind;
    · indien nodig, moet ander kerke finansiële bystand gee aan dié kerk wat die verspreidwonendes bearbei;
    · verspreidwonende lidmate moet deur middel van hul lewenswandel en die uitdra van die gereformeerde godsdiens probeer om die kerk in daardie gebied uit te brei, sodat later 'n selfstandige kerk geïnstitueer kan word.