Uitgebreid zoeken
Kerkrecht.nl
Help
Contact


auteur(s): Visser, J.
genre: Commentaren
bundel:
tijdschrift:
jaargang:
uitgever:
plaats: Pretoria
jaar: 1999
druk:
ISBN/ISSN:
aantal pagina's:

  • Voorwoord
  • Artikel 1
  • Artikel 2
  • Artikel 3
  • Artikel 4 en 5
  • Artikel 6
  • Artikel 7
  • Artikel 8
  • Artikel 9
  • Artikel 10
  • Artikel 11
  • Artikel 12
  • Artikel 13 en 20
  • Artikel 14
  • Artikel 15
  • Artikel 16
  • Artikel 17 en 84
  • Artikel 18
  • Artikel 19
  • Artikel 21
  • Artikel 22
  • Artikel 23
  • Artikel 24
  • Artikel 25
  • Artikel 26
  • Artikel 27
  • Artikel 28
  • Artikel 29
  • Artikel 30
  • Artikel 31
  • Artikel 32
  • Artikel 33
  • Artikel 34
  • Artikel 35
  • Artikel 36
  • Artikel 37
  • Artikel 38
  • Artikel 39
  • Artikel 40
  • Artikel 41
  • Artikel 42
  • Artikel 43
  • Artikel 44
  • Artikel 45
  • Artikel 46
  • Artikel 47
  • Artikel 48
  • Artikel 49
  • Artikel 50
  • Artikel 51
  • Artikel 52
  • Artikel 53 en 54
  • Artikel 55
  • Artikel 56
  • Artikel 57
  • Artikel 58
  • Artikel 59
  • Artikel 60
  • Artikel 61
  • Artikel 62, 63 en 64
  • Artikel 65
  • Artikel 66
  • Artikel 67
  • Artikel 68
  • Artikel 69
  • Artikel 70
  • Artikel 71
  • Artikel 72 en 73
  • Artikel 74
  • Artikel 75
  • Artikel 76
  • Artikel 77
  • Artikel 78
  • Artikel 79 en 80
  • Artikel 81
  • Artikel 82
  • Artikel 83
  • Artikel 84
  • Artikel 85
  • Artikel 86
  • Bylae A1
  • Bylae A2
  • Bylae B
  • Bylae C
  • Bylae D
  • Bylae E
  • Artikel 19

    Die kerke moet soveel nodig sorg dat daar studente in die Teologie is wat deur hulle ondersteun word.

    Voldoende aantal predikante.

    Dit is vir die kerke in kerkverband van wesenlike belang dat daar genoeg predikante is vir die bediening van Gods Woord. 'n Tekort aan predikante is om begryplike redes nadelig vir die geestelike groei van die lidmate, terwyl dit 'n bykomende las lê op die dienende predikante.
    Vandaar hierdie bepaling dat die kerke moet sorg dat daar genoeg studente in die Teologie is.
    In hierdie opsig speel die getroue verbondsonderrig deur verbondsouers en die kategetiese onderrig deur die predikante 'n baie belangrike rol. Begaafde jongmanne moet ook aangemoedig word om hulle vir die diens van die Woord te laat oplei aan die Teologiese Skool.
    Vanselfsprekend word hier slegs bedoel jongmanne wat inwendig geroepe voel tot die bediening van die Woord (kyk p. 8).

    Ondersteuning van studente.

    Die kerke het ook die verantwoordelikheid om teologiese studente finansieel te ondersteun; 7 jaar studie verg tans in die omgewing van R110 000 - 'n som geld wat min mense kan bybring.
    Daarom het die kerke beursfondse in die lewe geroep, waarvan die „Kas vir Teologiese Studente" die belangrikste is; plaaslike kerke dra tot hierdie Beursfonds by deur middel van eredienskollektes. Hulp uit hierdie Fonds word deur die Beursekomitee van die Kuratorium volgens 'n vasgestelde Reglement hanteer. Besonderhede kan verkry word van die Registrateur van die Teologiese Skool.
    Verder is daar die moontlikheid om lenings te bekom van die Administratiewe Buro van die GKSA in Potchefstroom. Besonderhede kan verkry word van die Direkteur van die Administratiewe Buro.
    Dit gebeur ook dat studente finansieel gehelp word deur individuele lidmate en/of individuele kerkrade/diakonieë wat finansieel daartoe in staat is. Belangrik in so 'n situasie is dat daar oorleg moet plaasvind, sodat enkele studente nie te veel finansiële steun ontvang ten koste van ander nie.

    Toelating tot teologiese studie.

    Voordat 'n voornemende student toegelaat word tot die voorbereidende en teologiese studie, moet hy aan bepaalde vereistes beantwoord; besonderhede hiervan is verkrygbaar by die Registrateur van die Teologiese Skool. Aansoek moet gedoen word op die voorgeskrewe aansoekvorm; verder word daar 'n vertroulike verslag van die voornemende student se predikant verwag, bepaalde getuigskrifte, 'n mediese verslag en 'n staat van die jongste eksamenuitslae.
    Die voorbereidende (propedeutiese) studie vir die BA-graad aan die PU vir CHO duur normaalweg 3 jaar; daarna gaan die student na die Teologiese Skool vir die vierjarige teologiese studie (ThB-graad).
    Keuring tot die voorbereidende en teologiese studie is baie streng.
    Voornemende studente in hul matriekjaar, sowel as studente in hul finale voorbereidende (BA) studiejaar, moet onder andere psigometriese toetse aan die PU vir CHO ondergaan; ook word met almal in hul matriekjaar sowel as in hul finale BA-jaar indringende individuele onderhoude gevoer deur die Toelatingskommissie van die Kuratorium oor onder andere die uitslae van die psigometriese toetse, die beweegredes tot die teologiese studie, die inwendige roeping, die persoonlike geloofslewe, en so meer.
    Eers daarná word 'n finale besluit oor toelating tot/voortsetting van studie geneem.
    Gedurende die hele studietydperk hou die Kuratorium en die dosente toesig oor die student se vordering, sy leefwyse asook sy bekwaamheid en geskiktheid om later as predikant toegelaat te word.