|
Voorwoord
Artikel 1
Artikel 2
Artikel 3
Artikel 4 en 5
Artikel 6
Artikel 7
Artikel 8
Artikel 9
Artikel 10
Artikel 11
Artikel 12
Artikel 13 en 20
Artikel 14
Artikel 15
Artikel 16
Artikel 17 en 84
Artikel 18
Artikel 19
Artikel 21
Artikel 22
Artikel 23
Artikel 24
Artikel 25
Artikel 26
Artikel 27
Artikel 28
Artikel 29
Artikel 30
Artikel 31
Artikel 32
Artikel 33
Artikel 34
Artikel 35
Artikel 36
Artikel 37
Artikel 38
Artikel 39
Artikel 40
Artikel 41
Artikel 42
Artikel 43
Artikel 44
Artikel 45
Artikel 46
Artikel 47
Artikel 48
Artikel 49
Artikel 50
Artikel 51
Artikel 52
Artikel 53 en 54
Artikel 55
Artikel 56
Artikel 57
Artikel 58
Artikel 59
Artikel 60
Artikel 61
Artikel 62, 63 en 64
Artikel 65
Artikel 66
Artikel 67
Artikel 68
Artikel 69
Artikel 70
Artikel 71
Artikel 72 en 73
Artikel 74
Artikel 75
Artikel 76
Artikel 77
Artikel 78
Artikel 79 en 80
Artikel 81
Artikel 82
Artikel 83
Artikel 84
Artikel 85
Artikel 86
Bylae A1
Bylae A2
Bylae B
Bylae C
Bylae D
Bylae E
|
Predikers wat uit ander kerke of een of ander sekte aansluit, sal nie tot die kerkdiens toegelaat word nie, behalwe met groot versigtigheid, en dit eers nadat hulle vir 'n sekere tyd goed beproef is.
Bewoording.
Die bewoording „kerke" in hierdie artikel moet duidelik verstaan word as kerke buite die verband van die GKSA. Die woord „kerkdiens" beteken niks anders nie as „diens van die Woord", soos in vorige artikels. Dit is vreemd dat hierdie bewoording nog nie verander is om aan te pas by vorige artikels nie.
Aansluiting by vorige artikels.
Artikel 9 moet nie bloot op sy eie beoordeel en hanteer word nie, maar in noue aansluiting by vorige artikels, veral artikel 3 (die noodsaaklikheid van wettige beroeping en toelating), artikel 4 (die wyse van beroeping en toelating) en artikel 8 (groot versigtigheid voor toelating).
Eers aansluit as lidmaat.
Voordat daar hoegenaamd aandag gegee mag word aan 'n aansoek om volgens hierdie artikel toegelaat te word tot die diens van die Woord, moet die aansoeker, uit die aard van die saak, eers as lidmaat van 'n plaaslike Gereformeerde kerk opgeneem word. Dit is trouens een van die uitgangspunte in hierdie artikel, soos die woord „aansluit" duidelik impliseer.
Prosedure by toelating.
Die ordelike weg waarlangs so 'n persoon aansoek moet doen om toegelaat te word tot die diens van die Woord, is na my mening die volgende: Ø hy moet sy begeerte om toegelaat te word tot die diens van die Woord aan sy kerkraad bekend maak; Ø die kerkraad moet die aansoek deeglik oorweeg; met die oog op die aansoeker se motiewe, moet 'n deurtastende ondersoek gedoen word by wyse van 'n indringende broederlike gesprek; Ø as die kerkraad oortuig is dat die aansoek verdienste het en die aansoeker se motiewe suiwer is, verwys hy die persoon na die Teologiese Skool, sodat daar vasgestel kan word of sy teologiese opleiding voldoen aan die vereistes vir die Kandidaatseksamen, en of aanvullende opleiding nodig is; Ø wanneer die Senaat van die Teologiese Skool tevrede is dat die teologiese toerusting van die persoon bevredigend is, word hy voorsien van 'n amptelike dokument waarin die toepaslike en vereiste gegewens weergegee word. Die kerkraad stuur dan 'n behoorlik gemotiveerde aansoek na die klassis deur; hierdie aansoek moet vergesel word van die dokument van die Senaat van die Teologiese Skool, asook van 'n getuienis van die aansoeker se leer en lewenswandel; Ø die klassis, verkieslik saam met die deputate van die partikuliere sinode (kyk art. 49 KO), behandel die aansoek selfstandig en indringend, voordat oorgegaan word tot eksaminering volgens artikel 4 KO; Ø verloop die eksaminering bevredigend, moet daar eers 'n tydperk bepaal word waarin die aansoeker „goed beproef" - dit wil sê behoorlik prakties getoets - moet word. Hierdie praktiese toetsing vind uiteraard in 'n gemeente plaas, onder toesig van 'n kerkraad en met begeleiding van 'n bedienaar van die Woord. Die aansoeker moet ruim geleentheid kry vir „preekproewe" soos in die geval van 'n aansoeker onder artikel 8 KO (kyk p. 52); Ø van hierdie praktiese toetsing, sowel as van die aansoeker se leer en lewenswandel tydens die proeftyd, moet uitvoerig aan die klassis en die deputate van die partikuliere sinode getuienis gelewer word; Ø is hierdie getuienis bevredigend, word die aansoeker beroepbaar gestel en onderteken hy die Ondertekeningsformulier vir Proponente.

|