Uitgebreid zoeken
Kerkrecht.nl
Help
Contact


auteur(s): Visser, J.
genre: Commentaren
bundel:
tijdschrift:
jaargang:
uitgever:
plaats: Pretoria
jaar: 1999
druk:
ISBN/ISSN:
aantal pagina's:

  • Voorwoord
  • Artikel 1
  • Artikel 2
  • Artikel 3
  • Artikel 4 en 5
  • Artikel 6
  • Artikel 7
  • Artikel 8
  • Artikel 9
  • Artikel 10
  • Artikel 11
  • Artikel 12
  • Artikel 13 en 20
  • Artikel 14
  • Artikel 15
  • Artikel 16
  • Artikel 17 en 84
  • Artikel 18
  • Artikel 19
  • Artikel 21
  • Artikel 22
  • Artikel 23
  • Artikel 24
  • Artikel 25
  • Artikel 26
  • Artikel 27
  • Artikel 28
  • Artikel 29
  • Artikel 30
  • Artikel 31
  • Artikel 32
  • Artikel 33
  • Artikel 34
  • Artikel 35
  • Artikel 36
  • Artikel 37
  • Artikel 38
  • Artikel 39
  • Artikel 40
  • Artikel 41
  • Artikel 42
  • Artikel 43
  • Artikel 44
  • Artikel 45
  • Artikel 46
  • Artikel 47
  • Artikel 48
  • Artikel 49
  • Artikel 50
  • Artikel 51
  • Artikel 52
  • Artikel 53 en 54
  • Artikel 55
  • Artikel 56
  • Artikel 57
  • Artikel 58
  • Artikel 59
  • Artikel 60
  • Artikel 61
  • Artikel 62, 63 en 64
  • Artikel 65
  • Artikel 66
  • Artikel 67
  • Artikel 68
  • Artikel 69
  • Artikel 70
  • Artikel 71
  • Artikel 72 en 73
  • Artikel 74
  • Artikel 75
  • Artikel 76
  • Artikel 77
  • Artikel 78
  • Artikel 79 en 80
  • Artikel 81
  • Artikel 82
  • Artikel 83
  • Artikel 84
  • Artikel 85
  • Artikel 86
  • Bylae A1
  • Bylae A2
  • Bylae B
  • Bylae C
  • Bylae D
  • Bylae E
  • Artikel 8

    Iemand wat nie gestudeer het nie, sal nie tot die diens van die Woord toegelaat word nie, tensy daar sekerheid is van sy buitengewone gawes, godsaligheid, ootmoedigheid en ingetoënheid, goeie verstand en onderskeidingsvermoë sowel as gawes van welsprekendheid. As so iemand hom aanmeld, moet die klassis, as die partikuliere sinode dit goedvind, hom eksamineer en na gunstige bevinding hom vir 'n tyd lank private preekproewe laat lewer, om dan met hom te handel soos die klassis stigtelik oordeel.

    Toelating sonder voorafgaande studie.

    In hierdie artikel word die moontlikheid van toelating tot die diens van die Woord sonder voorafgaande studie bepaal. Dit is geen prinsipiële uitsondering op die vorige artikels nie; dit is steeds gefundeer in die basiese Skriftuurlike beginsels dat die Here Self manne tot sy diens roep en daarvoor toerus (kyk art. 3).
    Normaalweg is voorafgaande studie noodsaaklik om toegelaat te word tot die diens van die Woord. Veral is kennis van die oorspronklike tale waarin die Bybel geskryf is, naamlik Hebreeus en Grieks, onontbeerlik om Gods Woord uit te lê en te verkondig. Hierby kom dan nog kennis van al die verskillende teologiese vakwetenskappe.
    Tog is daar, in hoogs uitsonderlike gevalle, 'n moontlikheid om sonder voorafgaande studie toegelaat te word tot die diens van die Woord … as daar naamlik bewys gelewer kan word dat die Heilige Gees iemand toegerus het met „buitengewone gawes", soos in hierdie artikel genoem word. Die Here kan ook diegene wat Hy roep, sonder studie bekwaam om sy Woord te verkondig. Daar moet egter „sekerheid" wees van so iemand se buitengewone gawes.

    Prosedure by toelating

    Die ordelike weg waarlangs so 'n persoon homself moet „aanmeld", is soos volg:
    Øhy moet sy begeerte om tot die diens van die Woord toegelaat te word, onder die aandag van sy kerkraad bring. (Selfs in die geval van persone wat deur middel van voorafgaande studie toegerus word tot die diens van die Woord, word daar vertroulike getuienis van die plaaslike predikant verlang);
    Ø die kerkraad moet volgens sy eie diskresie sekerheid verkry oor die persoon se buitengewone gawes, voordat hy die aansoek na die klassis deurstuur;
    Ø as die kerkraad oortuig is dat die aansoek verdienste het en die aansoeker se motiewe suiwer is, verwys hy die persoon na die Teologiese Skool, sodat daar vasgestel kan word of sy teologiese opleiding voldoen aan die vereistes vir die Kandidaatseksamen, en of aanvullende opleiding nodig is;
    Ø wanneer die Senaat van die Teologiese Skool tevrede is dat die teologiese toerusting van die persoon bevredigend is, word hy voorsien van 'n amptelike dokument waarin die toepaslike en vereiste gegewens weergegee word. Die kerkraad stuur dan 'n behoorlik gemotiveerde aansoek na die klassis deur; hierdie aansoek moet vergesel word van die dokument van die Senaat van die Teologiese Skool, asook van 'n getuienis van die aansoeker se leer en lewenswandel;
    Ø nadat die klassis oortuig is dat daar wel genoegsame bewys van buitengewone gawes gelewer is, word die aansoek na die partikuliere sinode deurgestuur vir goedkeuring, voordat die kandidaat finaal deur die klassis (verkieslik met advies van die deputate van die partikuliere sinode - kyk art. 49 KO) geëksamineer word met die oog op beroepbaarstelling;
    Ø vóór beroepbaarstelling moet die kandidaat egter vir 'n tyd lank, soos die klassis reël, „private preekproewe" lewer. Hierdie preekproewe is geen amptelike Woordbediening nie, maar die spreek van 'n stigtelike woord (kyk p. 9, 19). Oor hierdie preekproewe moet aan die volgende klassis verslag gelewer word;
    Ø indien die verslag oor die preekproewe bevredigend is, volg die amptelike beroepbaarstelling, waarná die Ondertekeningsformulier vir Proponente onderteken moet word (kyk by art. 4, p. 19).