Uitgebreid zoeken
Kerkrecht.nl
Help
Contact


auteur(s): Visser, J.
genre: Commentaren
bundel:
tijdschrift:
jaargang:
uitgever:
plaats: Pretoria
jaar: 1999
druk:
ISBN/ISSN:
aantal pagina's:

  • Voorwoord
  • Artikel 1
  • Artikel 2
  • Artikel 3
  • Artikel 4 en 5
  • Artikel 6
  • Artikel 7
  • Artikel 8
  • Artikel 9
  • Artikel 10
  • Artikel 11
  • Artikel 12
  • Artikel 13 en 20
  • Artikel 14
  • Artikel 15
  • Artikel 16
  • Artikel 17 en 84
  • Artikel 18
  • Artikel 19
  • Artikel 21
  • Artikel 22
  • Artikel 23
  • Artikel 24
  • Artikel 25
  • Artikel 26
  • Artikel 27
  • Artikel 28
  • Artikel 29
  • Artikel 30
  • Artikel 31
  • Artikel 32
  • Artikel 33
  • Artikel 34
  • Artikel 35
  • Artikel 36
  • Artikel 37
  • Artikel 38
  • Artikel 39
  • Artikel 40
  • Artikel 41
  • Artikel 42
  • Artikel 43
  • Artikel 44
  • Artikel 45
  • Artikel 46
  • Artikel 47
  • Artikel 48
  • Artikel 49
  • Artikel 50
  • Artikel 51
  • Artikel 52
  • Artikel 53 en 54
  • Artikel 55
  • Artikel 56
  • Artikel 57
  • Artikel 58
  • Artikel 59
  • Artikel 60
  • Artikel 61
  • Artikel 62, 63 en 64
  • Artikel 65
  • Artikel 66
  • Artikel 67
  • Artikel 68
  • Artikel 69
  • Artikel 70
  • Artikel 71
  • Artikel 72 en 73
  • Artikel 74
  • Artikel 75
  • Artikel 76
  • Artikel 77
  • Artikel 78
  • Artikel 79 en 80
  • Artikel 81
  • Artikel 82
  • Artikel 83
  • Artikel 84
  • Artikel 85
  • Artikel 86
  • Bylae A1
  • Bylae A2
  • Bylae B
  • Bylae C
  • Bylae D
  • Bylae E
  • Artikel 7

    As iemand tot die diens van die Woord in 'n bepaalde kerk beroep word, moet hy op die bepaalde plek gevestig wees, tensy hy gestuur word om elders kerke te vergader.

    Bedienaar van Gods Woord aan bepaalde kerk verbind

    In die Dordtse Kerkorde van 1618/19 is die formulering van hierdie artikel baie sterker as in die Kerkorde van die GKSA, sodat die prinsipiële bedoeling daarvan baie duideliker na vore kom; vry vertaal lui dit só: Niemand sal tot die diens van die Woord beroep word nie tensy hy op 'n sekere plek (standplaas) gevestig is nie.
    Die bedoeling van hierdie artikel is tweërlei: eerstens word hier bepaal dat niemand predikant mag wees as hy nie aan 'n bepaalde kerk (gemeente) verbind is nie. Die roeping gaan van die plaaslike kerk uit, sodat 'n predikant aan 'n plaaslike kerk verbind moet wees. Die amp kleef nie aan die persoon nie, maar bestaan primęr in die roeping tot die diens van die Woord; hierdie roeping gaan van 'n bepaalde kerk uit.
    Wanneer 'n predikant die band met die kerk wat hom beroep het, verbreek, sonder om aan 'n ander kerk verbind te word, het hy prakties sy amp as predikant laat verval en kan hy nie meer aanspraak maak op die naam en eer van 'n bedienaar van Gods Woord nie. 'n Predikant kan nie na eie goeddunke rondtrek en oral preek nie. Roeping en verbondenheid aan 'n bepaalde kerk is onlosmaaklik aan mekaar verbind.

    Bedienaar van Gods Woord op bepaalde plek gevestig

    Tweedens bepaal hierdie artikel dat 'n predikant op die bepaalde plek waar hy beroep is, gevestig moet wees. Dit beteken dus dat 'n predikant binne die grense van die kerk wat hom beroep het, moet woon. Hierdie bepaling is so logies en prakties vanselfsprekend dat daaroor nie meer gesę hoef te word nie. (Hierdie bepaling hoef na my mening nie só rigoristies toegepas te word dat 'n predikant, byvoorbeeld in 'n stedelike gebied, gladnie buite die grense van sy eie kerk 'n eie huis of pastorie mag bewoon nie).

    Bedienaar van Gods Woord uitgestuur om kerke te vergader

    Op hierdie algemene reël is daar egter 'n uitsondering: „… tensy hy gestuur word om elders kerke te vergader."
    Die beginsel van hierdie bepaling vind ons reeds in die Nuwe Testament, waar die Heilige Gees opdrag gegee het dat Paulus en Bárnabas deur die gemeente van Antiochië uitgestuur moet word na die heidene (Handelinge 13).
    In die praktyk sal dit só toegepas word dat 'n gemeente (of 'n kombinasie van gemeentes - kyk p. 34 e.v.) 'n predikant beroep en hom uitstuur na 'n bepaalde gebied om deur middel van die verkondiging van Gods Woord „nuwe" kerke (gemeentes) te vergader.

    Slegs deur plaaslike kerk

    Nadruk moet egter daarop gelę word dat so 'n roeping en „uitstuur" van 'n sendeling slegs van 'n plaaslike kerk (of kombinasie van kerke) mag uitgaan (kyk artt. 3-7 KO); geen meerdere vergadering het die reg of bevoegdheid om sendelinge te beroep en uit te stuur nie; kragtens artikel 30 KO is dit 'n saak wat deur 'n mindere vergadering (in hierdie geval die kerkraad van die plaaslike kerk) afgehandel kan (en moet) word.
    Vanselfsprekend sny hierdie kerkregtelike beginsel die hele idee van die sogenaamde „genootskaplike sending" by sy wortel af. Die Skrif ken nie so iets dat buitekerklike genootskappe sendelinge uitstuur, oor hulle toesig hou en hulle versorg nie; dit is en bly die taak en verantwoordelikheid van die plaaslike kerk (of kombinasie van kerke).