Uitgebreid zoeken
Kerkrecht.nl
Help
Contact

Spoelstra, B., Geref. Kerkreg en Kerkregering, 1989


auteur(s): Spoelstra, B.
genre: Commentaren
bundel:
tijdschrift:
jaargang:
uitgever: V&R Drukkery
plaats: Pretoria
jaar: 1989
druk:
ISBN/ISSN:
aantal pagina's: 489

  • Artikel 1
  • Artikel 2 en 3
  • Artikel 4 en 5
  • Artikel 6
  • Artikel 7
  • Artikel 8
  • Artikel 9
  • Artikel 10
  • Artikel 11
  • Artikel 12
  • Artikel 13 en 20
  • Artikel 14
  • Artikel 15
  • Artikel 16
  • Artikel 17
  • Artikel 18
  • Artikel 19
  • Artikel 21
  • Artikel 22 en 24
  • Artikel 23
  • Artikel 25
  • Artikel 26
  • Artikel 27
  • Artikel 28
  • Artikel 29
  • Artikel 30
  • Artikel 31
  • Artikel 32
  • Artikel 33
  • Artikel 34
  • Artikel 35
  • Artikel 36
  • Artikel 37 en 38b
  • Artikel 38a en 39
  • Artikel 40
  • Artikel 41
  • Artikel 42
  • Artikel 43
  • Artikel 44
  • Artikel 45
  • Artikel 46
  • Artikel 47, 50 en 51
  • Artikel 48
  • Artikel 49
  • Artikel 52
  • Artikel 53 en 54
  • Artikel 55
  • Artikel 56
  • Artikel 57
  • Artikel 58
  • Artikel 59
  • Artikel 60
  • Artikel 61
  • Artikel 62
  • Artikel 63
  • Artikel 64
  • Artikel 65
  • Artikel 66
  • Artikel 67
  • Artikel 68
  • Artikel 69
  • Artikel 70
  • Artikel 71
  • Artikel 72 en 73
  • Artikel 74
  • Artikel 75
  • Artikel 76
  • Artikel 77
  • Artikel 78
  • Artikel 79 en 80
  • Artikel 81
  • Artikel 82
  • Artikel 83
  • Artikel 84
  • Artikel 85
  • Artikel 86
  • Artikel 14

    Artikel 14: 'n Bedienaar van die Woord wat weens siekte of om enige ander rede sy diens 'n tyd lank moet onderbreek, wat nie sonder bewilliging van die kerkraad en advies van die klassis mag gebeur nie, bly steeds onderworpe aan die beroeping van daardie kerk.

    A. KERKREGTELIK

    1. 'n Predikant bly aan die beroep verbonde

    Die basiese beginsel wat in feitlik elke artikel van 3 tot 13 na vore tree, beheers artikel 14. Niemand kan predikant wees en bly, indien hy nie die diens verrig waartoe 'n predikant beroep is nie. Die "beroeping" gaan nie in 'n formele kontraktuele verband op nie, maar word bepaal deur die roeping van God wat deur middel van die plaaslike kerk gekom het en in hoofsaak in die beroepsbrief en bevestigingsformulier verwoord is. Sodra 'n predikant die diens moet onderbreek, kom sy amp in gedrang.

    2. Uitsonderings kom voor

    In praktyk kom daar omstandighede voor wat die dienslewering soms onmoontlik maak. Ons het nie in die Skrif 'n presiese voorbeeld nie, behalwe moontlik waar Johannes na Patmos verban of Paulus in die tronk was. Die Kerkorde wil so 'n uitsonderlike, ingrypende en selfs vreemde situasie hanteer sodat hierdie uitsonderings omsigtig en verantwoordelik gereël sal word.

    B. KERKREGERING

    1. Redaksie van die artikel

    Die Kerkorde van 1578 stel naas omstandighede wat artikels 12 en 13 reël "ander oorsake" waardeur 'n predikant sy diens "vir 'n tyd" noodgedwonge moet "nalaat" terwyl hy steeds aan die beroeping van die "gemeente" onderworpe bly (Biesterveld, Kuyper 1905: 98). In 1586 (art 12) word die oorsake wat tot emeritering lei by die "ander oorsake" genoem as rede tot verlof en bepaal dat die verlof met "advies" van die Kerkraad geneem moet word.
    In Nederland het kerkrade die vergunning misbruik en sodanige verlof gegee dat dit eintlik daarop neergekom het dat die predlkant van sy diens losgemaak was. In 1923 is toe bepaal dat goedkeuring van die klassis in hierdie geval nodig is (Bos 1950:71).
    Verskillende Sinodes (Burgersdorp 1930 en Pretoria 1933) het geworstel met die vraag of 'n predikant verlof kon neem om parlementslld te word. So het die GKSA te Bloemfonteln 1939 (art 80) besluit dat die klassis geken moet word wanneer verlof volgens artikel 14 KO verleen word. Die Slnode van Potchefstroom 1964 het die beginsel in die Kerkorde opgeneem. Tog kom van hierdie bepaling by die meeste aansoeke om lang- of studieverlof weinig tereg

    2. Die situasie wat artikel 14 reël

    Die redes waarom 'n predikant sy diens vir 'n tyd lank moet onderbreek, mag aan vervolging soos gedurende die Reformasie, chroniese siekte, liggaamlike of geestelike ineenstorting buitengewone kerklike of burgerlike opdragte wat binnelands of buitelands verrig rnoet word, Bybelvertaling of noodsaaklike studieverlof te wyte wees. Die verlof moet klaarblyklik tydelik van aard wees en terugkeer tot die diens in die kerk impliseer. Tweedens moet deeglik vasgestel word dat die onderbreking van diens noodsaaklik is (vgl "moet onderbreek"). Die persoon moet voor die verstryking van die verlof deur die kerk teruggeroep kan word, met ander woorde hy rnag nie 'n diensooreenkoms met 'n ander instansie aangaan wat die beroep van die kerk uitskakel nie. Die band tussen die predikant en kerk moet lewend en daadwerklik in stand gehou word (vgl GKSA 1967:60).
    Dié situasie onder artikel 14 moet dus duidelik van dié onder artikels 12 en 13 onderskei word. In geen geval moet iemand verlof kry om in praktyk oor te gaan tot 'n ander beroep ("staat van lewe") nie. Hy moet ook nie emeritaat ontvang indien hy moontlik na 'n tyd van verlof weer mag herstel nie
    Die artikel handel oor tydelike onderbreking van diens en nie oor onbepaalde verlof nie. Die tydsduur mag aan die begin moeilik bepaal kan word byvoorbeeld hoe lank 'n Bybelvertaling mag duur. In daardie geval behoort die verlof vir 'n bepaalde tyd (byvoorbeeld een jaar) vasgestel te word met die bepaling dat die Kerkraad gereeld vorderingsverslae moet ontvang en die verlof op sterkte daarvan mag verleng. Die binding aan die "beroeping van daardie Kerk" hou in dat predlkant en kerk in die nouste voeling en medewerking met mekaar moet bly.

    3. Die prosedure vir besluit oor verlof

    Die bewoording van hierdie artikel het tot in 1964 die besluit oor verlof eintlik by die predikant met advies van die kerkraad laat berus. Die kerkraad is nie geroepe om oor nie-kerklike aangeleenthede waarby 'n predikant betrokke mag raak, te oordeel nie (art 30 KO) en kan selfs moeilik persoonlike aangeleenthede vir sy rekening neem. Daar lê dus eerstens 'n swaar onus op die predikant om die versoek tot diensonderbreking aan die kerkraad te motiveer. ln die reël sal die versoek van kerkvergaderings, owerheidsinstansies, onderwysinrigtings of Bybelgenootskappe afkomstig wees. Daaroor kan die kerkraad in terme van kerklike norme oordeel en adviseer.
    Tegelykertyd hou die aard van die geldende "beroeping" in dat die predikant nie teen die advies van die kerkraad kan ingaan nie, omdat dit op trouelose verlating van die diens (art 80) of 'n ondraaglike toestand (art 11) sou neerkom.
    Gewoonlik sal die predikant die versoek wat hy ontvang het of die omstandighede wat 'n verlofaansoek noodsaak en sy oordeel daaroor aan die kerkraad voorlê. Omdat dit sy persoon raak (art 33) behoort die konsulent die kerkraad te lei en die besluit geneem te word nadat die predikant die vergadering verlaat het. Die Kerkorde bepaal dat die kerkraad wat verlof wil verleen advies in die klassis moet vra. Dit is nie altyd in spoedeisende gevalle prakties moontlik nie.
    Die kerkraad en klassis sal natuurlik in die eerste plek moet oorweeg en sorg dat die bediening van die Woord en koninkryk van God nie skade ly nie, maar deur die diensonderbreking eerder gedien sal word. Reëlings vir geskikte plaasvervanging op koste van die instansie wat die predikant se diens verlang, moet verseker word. In gevalle waar die predikant om persoonlike redes verlof aanvra, moet hy en die kerkraad oor die voorwaardes ooreenkom wat inkorting van sy onderhoud mag meebring. Kerkrade tree soms inkonsekwent op. In een geval beroep hulle selfs voordat die predikant wat verhuis in 'n nuwe kerk bevestig is, ter wille van die bediening. In 'n ander geval verleen hulle vir maande studieverlof aan 'n predikant sonder om vooraf vir deurlopende bediening voorsiening te maak.
    Die predikant dien die aansoek om verlof in wanneer hy oortuig is dat hy sy diens moet onderbreek. Soms moet die kerkraad 'n predikant verplig om met die oog op sy gesondheid of herstel langverlof te neem. Die prosedure om advies van die klassis in te win, is lomp en 'n buitengewone klassis vir so'n saak duur en moeilik verdedigbaar. Advies van naburige kerkrade (classis contracta) kan goedskiks die probleem ondervang.

    4. Die band tussen predikant en kerk bly gehandhaaf

    Diensonderbreking vir 'n bepaalde tvd hou in dat die predikant by geen ander instansie in permanente diens mag tree nie (vgl art 12). Die kerkraad bly dus ook vir die versorging verantwoordelik, alhoewel die instansie wat die predikant se diens benodig dit direk of via die kerkraad kan doen. Die kerkraad moet dit bepaal (art 11).
    Wanneer die verloftydperk verstryk, moet die kerk die predikant in sy diens terug ontvang, selfs wanneer die "onbepaaldheid" wat die "bepaalde" tyd (arf 14) kan aanneem (Van der Linde 1983:68), ondertussen die beroep van nog 'n predikant nodig gemaak het. Daarvoor sal egter gedeë advies van die klassis ingewin moet word (art 5).
    Die posisie van die predikant by sy terugkeer nadat sy verlof beëindig is, moet noukeurig beskryf word. Om die persoon by sy terugkeer op "waggeld" (art 11) te plaas (Van der Linde), kom daarop neer dat die beroeping van daardie kerk by die terugkeer van die predikant beëindig word. Dit is kennelik nie in ooreenstemming met die sin van 'n beroep (art 3v) en bedoeling van artikel 14 nie. Indien verlof onder artikel 14 hierop mag uitloop, moet liewer aan artikel 12, al is dit vir 'n tydperk, gedink word.