Uitgebreid zoeken
Kerkrecht.nl
Help
Contact

Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika



Artikel 75 - Skuldbelydenis by bekering

Editie(s) 2005 1984

As iemand hom van 'n openbare sonde of van 'n geheime sonde wat aan die kerkraad gemeld moes word, bekeer, sal die kerkraad sy skuldbelydenis aanvaar indien hy voldoende tekens van berou toon. Die kerkraad sal beoordeel of die gemeente van hierdie skuldbelydenis in kennis gestel moet word.