Uitgebreid zoeken
Kerkrecht.nl
Help
Contact

Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika



Artikel 45 - Partikuliere sinodes

Editie(s) 2005 1984

Indien 'n partikuliere sinode gevorm kan word, sal dit bestaan uit 'n aantal naburige klassisse, wat elk twee predikante en twee ouderlinge afvaardig. Die aantal kan op drie gestel word as die sinode deur twee of drie klassisse gevorm word. Die partikuliere sinode sal een keer per jaar saamkom, tensy daar dringende redes is om dit meer dikwels te doen.

Aan die einde van die partikuliere en algemene sinode sal die tyd en plek van die volgende sinode vasgestel word. Daar sal ook 'n sameroepende kerk vir hierdie vergadering aangewys word.