|
|
 |
Zoeken > Kerkordes > Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (Dopperkerken), editie 2000
Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (Dopperkerken)
|
Artikel 22 - Die beroeping van Ouderlinge
|
Editie(s) 2000 |
Die ouderlinge word deur die gemeente onder leiding van die kerkraad verkies volgens die reëling wat plaaslik in gebruik of deur die kerkraad vasgestel is. By hierdie reëling staan dit elke kerkraad vry om vooraf aan die gemeentelede geleentheid te gee om die aandag op geskikte persone te vestig, en om saam met die diakens vir die verkiesing die nodige aantal ouderlinge aan die gemeente vir approbasie voor te dra of om tweetalle of 'n dubbele getal te stel waaruit die gemeente die nodige aantal kies. Die verkose broeders word, nadat hulle name verskillende male afgekondig is, en geen wettige beswaar ingekom het nie, bevestig volgens die formulier wat daarvoor gestel is.
|
|