|
|
 |
Zoeken > Kerkordes > Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (Dopperkerken), editie 2000
Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (Dopperkerken)
|
Artikel 8 - Toelating tot die diens van die Woord op sterkte van buitengewone gawes
|
Editie(s) 2000 |
Iemand wat nie gestudeer het nie, sal nie tot die diens van die Woord toegelaat word nie, tensy daar sekerheid is van sy buitengewone gawes, godsaligheid, ootmoedigheid en ingetoënheid, goeie verstand en onderskeidingsvermoë sowel as die gawes van welsprekenheid. As so iemand homself aanmeld, moet die klassis, as die partikuliere sinode dit goedvind, hom eksamineer en na gunstige bevinding hom vir 'n tyd lank private preekproewe laat lewer, om dan met hom te handel soos die klassis stigtelik oordeel.
|
|