Uitgebreid zoeken
Kerkrecht.nl
Help
Contact

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (Dopperkerken)



Artikel 4 - Wettige beroeping en toelating van proponente

Editie(s) 2000
Die wettige beroeping en toelating van iemand wat nie van tevore in die diens van die Woord gestaan het nie en wat deur die Klassis waarin hy wooragtig is, voorbereidend (preparatoir) geëksamineer is, bestaan uit:
ten eerste, die verkiesing na voorafgaande gebede, deur die kerkraad en die diakens volgens die reëling wat daarvoor plaaslik in gebruik of soos deur die kerkraad vasgestel is en verder in kerke met net een bedienaar van die Woord, ook met advies van die klassis of van die konsulent wat hiervoor deur die klassis aangewys is;
ten tweede, die ondersoek na die leer en lewe (peremtoir) van die beroepene deur die klassis (waar die beroeping ter goedkeuring voorgelê moet word) wat met advies met die deputate van die partikuliere sinode moet plaasvind;
ten derde, die approbasie en goedkeuring deur die lidmate van die betrokke kerk wat daarin bestaan dat daar, nadat die naam vir minstens drie Sondae in die kerk afgekondig is, geen wettige beswaar ingedien is nie;
ten laaste, die openlike bevestiging voor die gemeente en teenwoordigheid van die klassikale deputate, volgens die formulier wat daarvoor vasgestel is.