Uitgebreid zoeken
Kerkrecht.nl
Help
Contact

Spoelstra, B., Geref. Kerkreg en Kerkregering, 1989


auteur(s): Spoelstra, B.
genre: Commentaren
bundel:
tijdschrift:
jaargang:
uitgever: V&R Drukkery
plaats: Pretoria
jaar: 1989
druk:
ISBN/ISSN:
aantal pagina's: 489

  • Artikel 1
  • Artikel 2 en 3
  • Artikel 4 en 5
  • Artikel 6
  • Artikel 7
  • Artikel 8
  • Artikel 9
  • Artikel 10
  • Artikel 11
  • Artikel 12
  • Artikel 13 en 20
  • Artikel 14
  • Artikel 15
  • Artikel 16
  • Artikel 17
  • Artikel 18
  • Artikel 19
  • Artikel 21
  • Artikel 22 en 24
  • Artikel 23
  • Artikel 25
  • Artikel 26
  • Artikel 27
  • Artikel 28
  • Artikel 29
  • Artikel 30
  • Artikel 31
  • Artikel 32
  • Artikel 33
  • Artikel 34
  • Artikel 35
  • Artikel 36
  • Artikel 37 en 38b
  • Artikel 38a en 39
  • Artikel 40
  • Artikel 41
  • Artikel 42
  • Artikel 43
  • Artikel 44
  • Artikel 45
  • Artikel 46
  • Artikel 47, 50 en 51
  • Artikel 48
  • Artikel 49
  • Artikel 52
  • Artikel 53 en 54
  • Artikel 55
  • Artikel 56
  • Artikel 57
  • Artikel 58
  • Artikel 59
  • Artikel 60
  • Artikel 61
  • Artikel 62
  • Artikel 63
  • Artikel 64
  • Artikel 65
  • Artikel 66
  • Artikel 67
  • Artikel 68
  • Artikel 69
  • Artikel 70
  • Artikel 71
  • Artikel 72 en 73
  • Artikel 74
  • Artikel 75
  • Artikel 76
  • Artikel 77
  • Artikel 78
  • Artikel 79 en 80
  • Artikel 81
  • Artikel 82
  • Artikel 83
  • Artikel 84
  • Artikel 85
  • Artikel 86
  • Artikel 22 en 24

    Artikel 22: Die ouderlinge word deur die gemeente onder leiding van die kerkraad verkies volgens die reŽling wat daarvoor plaaslik in gebruik of deur die kerkraad vasgestel is. By hierdie reŽling staan dit elke kerkraad vry om vooraf aan die gemeentelede geleentheid te gee om die aandag op geskikte persone te vestig, en om saam met die diakens vir die verkiesing die nodige aantal ouderlinge aan die gemeente vir approbasie voor te dra of om tweetalle of 'n dubbele getal te stel waaruit die gemeente die nodige aantal kies. Die verkose broeders word, nadat hulle name verskillende male afgekondig is, en geen wettige beswaar ingekom het nie, bevestig volgens die formulier wat daarvoor vasgestel is.

    Artikel 24: Wat gebruiklik is in die geval van die ouderlinge, moet ook onderhou word by die verkiesing, goedkeuring en bevestiging van die diakens.

    A. KERKREGTELIK

    1. Die dienaars van Christus word verkies

    In die vroegste Christelike kerke is ouderlinge en diakens deur die Christene (gemeente) aangewys en daarna deur die apostels in hulle diens voor die gemeente bevestig (Hd 6:3-6; 14:23). Die gemeente was verantwoordelik om norme by die verkiesing aan te lÍ (1 Tm 3; Tit 1:7), maar met die bevestiging het die Heilige Gees hierdie dienaars aangestel (Hd 20:28). Daar is altyd sprake in die Skrif van goddelike aanstelling (RES 1972:182). Die Skrif verbind die roeping sowel as die toerusting tot die diens in besonder aan manne wat vol is van die Heilige Gees en wat die Gees in die diens aanstel (Hd 6:3; 20:28 ens). Oor die verkiesing van predikante het artikels 4 en 5 reeds gehandel. Dit verskil in beginsel nie van wat artikels 22 en 24 bepaal nie.

    2. Die Reformasie herstel die ouderling- en diakendienste

    Die Roomse het gedurende die Middeleeue die ouderling-opsiener in priesterdiens laat opgaan en diakens het slegs hulpdiens vir die biskoppe gelewer. Slegs priesters is deur die biskop met 'n sakrament in hulle diens gestel. Die "leke" het daarin geen rol vervul nie en die voordragte, toestemming (approbasie) en onderskrywing van die kerkraad het verdwyn (Inst IV 4. xii; 5.ii).
    Calvyn het tot 1538 eers net die predikant as opsiener-ouderling naas die diakens erken (Kerkorde 1537). Na sy ontmoeting met Bucer in Strassburg (1538-1541) het hy egter naas predikante en diakens ook die diens van herderouderling en kerkraad uitgewerk (Van't Spijker 1970:3,341-444, Inst IV.3.vii,viii; 11.vi).

    3. Die wyse van verkiesing

    Die kerklike "verkiesing" dra 'n eie karakter en verskil radikaal van 'n demokratiese "verkiesing". Die Gereformeerdes volg Calvyn na wat nie die wyse van verkiesing wil voorskryf nie. Vir hom is die godsdienstige erns waarin die verkiesing behoort plaas te vind, die bepalende faktor (Inst IV.3.xii). Hoewel Hd 14:23 volgens die Griekse gewoonte op verkiesing deur middel van opsteek van hande dui, was daar by Jode en Romeine weer ander gebruike in omloop (Inst IV.4xiv, RES 1972.183).
    Dit maak selfs nie saak wie die persoon moes aanwys nie, aangesien dit per slot van rekening die Here self was wat die persoon moes verkies (Inst IV.3xiii,xiv). Dit kan slegs gebeur wanneer iemand beantwoord aan die vereistes wat die Woord van God vir die dienaar en diens stel. Dit vereis ook dat hy daarom eenstemmig onder leiding van 'n herder deur die gemeente verkies en goedgekeur sal wees. Die vroeŽ Christelike kerke het iemand selfs met behulp van 'n formulier ondersoek, voordat hy bevestig is (Inst IV.4.x) Bucer het 'n eksamen (ondersoek) vir ouderlinge nodig geag (Van't Spijker 1970:373-376). Die wesenlike verkiesing is dus die toestemming, goedkeuring en aanvaarding (approbasie) van die geroepene en toelating tot bevestiging deur die hele gemeente. Dit is sonde wanneer ligsinnigheid, partyskappe of opstand 'n rol in die kerklike nominasie speel (Inst IV.3.xv).

    4. Die benaming "ouderling" en "diaken" (vgl art 23)

    Waar "opsiener" en "herder" in byvoorbeeld Hd 20:28 meer op die werk wys, dui "ouderlinge" in Hd 20:17 op voorgangers in die gemeente. Hoewel die Skrif geen ouderdomsgrens vir beroepbaarheid voorskrywe nie en predikante soms so jonk as 23 jaar beroep kan word, lÍ in die begrip tog "rypheid" (Van der Linde 1983:96), verantwoordelikheid, wysheid, besadigdheid, betroubaarheid, ewewigtigheid, integriteit, voorbeeldigheid en ampwaardigheid opgesluit. Dit is veral duidelik dat die "genadegawes" wat God gee en waarop die innerlike roeping berus, aanwesig moet wees (Hd 6:3, Ef 6:4, Kol 4:5,6; 1 Ts 4:11,12; 1 Tm 3; 1 Pt 4:15,16; 5:1-3). lemand wat aan die vereistes beantwoord en geroep word, mag as mens hom seker onbekwaam en onwaardig beskou, maar hom tog in die lig van die genadegawes nie maklik aan die roeping onttrek of daarvan onthef word nie (Bos 1950:92).
    Die benaming "diaken" (artt 2,25) dui op 'n geringe slaaf of dienskneg wat die tafels bedien het. Weens die geringheid van die taak was dit by die Grieke op soek na die elite-mens en by die Jode as "kinders van Abraham" 'n veragte begrip. Christus pas "diakonos" (dienaar) egter op homself, die opsieners er diakens en die gelowiges toe.
    Wanneer noukeurig na byvoorbeeld 1 Tm 3 gekyk word, blyk dat ouderlinge en diakens sekere eienskappe gemeenskaplik moet hÍ, die ouderlinge bepaalde gawes met die oog op regering en die diakens veral gawes met betrekking tot ekonomiese en finansiŽle verantwoordelikheid en eerlikheid moet besit. Die gawes (Van der Linde 1983:93v; 102v) moet 'n beslissende rol by die verkiesing speel.
    Aan die slot van artikel 30 NGB bely Gereformeerdes dat hulle glo dat deur die onderskeie ampsbedieninge "sal alles in die Kerk behoorlik en ordelik uitgevoer word wanneer sulke persone gekies word wat getrou is volgens die reŽl" in 1 Tm 3. Die nadruk val dus op die diens (diakonia) wat deur diegene wat geskik is, uitgevoer moet word (vgl selfs Kung 1973:395). Wat onder "gekies word" verstaan en bely is, sal uit die 16de eeuse kerkregering duidelik word.

    5. Die metode van verkiesing

    Die Skrif skryf geen bepaalde wyse van verkiesing voor nie. Die Jode het tweetalle gestel waaruit een met die lot aangewys is (Hd 1:23,26). Die Grieke het met opsteek van hande gekies (Hd 14:23). Paulus is direk geroep en op grond van openbaring en waarneming aanvaar (Hd 9:17; 1 Kor 9:2; 159-11; 2 Kor 10:11; Gl 1:23,2:9). Sommige dienaars is regstreeks deur Titus aangestel (Tit 1:5). Gedurende die Reformasie moes predikante soms die ouderlinge en diakens aanstel (Acta Dordt 1578 art 11). As die gemeente 'n "reg" het om te verkies, sou hierdie aanstellings onwettig gewees het.

    6. Is vroue verkiesbaar as ouderlinge en diakens?

    Veranderinge In die 20ste eeu bring mee dat mans en vroue vanuit 'n "unisex"-oogpunt beskou word. Vroue moet in alle opsigte die "manlike" terreine betree. In die lig hiervan word "vroulike" gesinsverpligtinge afgeskaal, toetrede tot die kapitalistiese beroepslewe opgeskroef en kom die huwelik selfs in gedrang. Die moderne kerkbegrip beskou net die ampte as aktiewe organe van die "kerk". Gevolglik het talle kerkgenootskappe reeds vroue in die ampte laat verkies (Spoelstra 1971 a:33v; b:25v).
    Gereformeerde Kerke het egter in die GES te Sydney 1972 bevind dat die Skrif die leer- en regeerampte van predikant en ouderling nie vir vroue bedoel nie (RES 1972:58;167-204; 1 Kor 14:34,35; 1 Tm 2:12). Die Skrif benader man-en-vrou soos Christus-en-gemeente in unieke eenheid (vgl bls 33; Ef 5:23-27, Tit 2:5 vgl met 1 Tm 3:2-5). Die een word in die ander vervul en verteenwoordig. Eenheid bestaan in verskeidenheid van funksie en roeping. Daarbenewens is die ampte 'n instelling van Christus en nie van die kerk nie en Hy het hom van manne (Hd 6:3; 1 Tm 3:2) laat bedien. Die kerk het nie bevoegdheid om dit "namens Christus" te verander nie. Waarskynlik sal Rome met sy biskoplike tradisie en Gereformeerdes mef hulle Skrif- en koninkryksbeskouing volhou dat Christus hom van manne bedien met die oog op die opbou van die gelowiges (Ef 4:11-16). Christus wil juis dat die hele gemeente, vroue sowel as die manne wat nie in 'n amp dien nie, die Here met hulle geloof en werke sal dien. Die GES het In 1972 geoordeel dat vroue baie meer ondersteunend by die diakendienste gebruik kan word.
    Die Ned Geref Kerk het kragtens hulle kerk- en ampsbeskouing die diakendiens selfs vir vroue oopgestel. Die vraag is of die "verampteliking" van vrouediens reg laat geskied aan die Skriftuurlike gegewens oor vroue wat soos Febe (Rm 16:2) en ander (Hd 18:26; Rm 16 ens) in die vroeŽ Christelike kerke hiper-aktief was en net soos mans wat nie in die amp was nie, ondersteuning aan die apostels gegee en 'n wesenlike rol in die kerk-wees en kerkgroei gespeel het. Die verampteliking van dienste lei tot die teenstelling clerus (ampsdraers wat werk) en leke (met wie gewerk word) in die gemeente.

    B. KERKREGYELIK

    1. Redaksie van artikels 22, 24

    Die Kerkorde van 1559 (Parys) het gereŽl dat predikante deur die ouderlinge en diakens gekies sal word en daarna aan die gemeente voorgestel sou word. Daar is egter nie gesÍ hoe hierdie konsistorie (kerkraad) tot stand kom nie. De Brťs se artikel 30 NGB werp daar egter lig op. Die eerste Sinode van Nederlandse Kerke 1571 bepaal "verkiesinge" van ouderlinge en diakens, hoewel daarby nie die advies van die omliggende kerke of klassis nodig sou wees soos in die geval van predikante nie (Pont 1981:50,104).
    Die Kerkorde van 1619 bepaal: "Die ouderlinge word volgens die oordeel van die kerkraad en diakens verkies: elke kerk sal vry wees om na omstandighede soveel ouderlinge as wat nodig is aan die gemeente voor te stel sodat (indien niks dit verhinder nie) en die gemeente dit approbeer en daarmee goed bekend is, hulle met openbare gebede en stipulasies bevestig word; of anders om 'n dubbel getal te stel en die helfte deur die gemeente te laat verkies en op dieselfde wyse in diens te bevestig volgens die formulier wat daarvoor opgestel is" en verder "Dieselfde gebruik wat ten opsigte van ouderlinge vasgestel is, sal ook by die verkiesing, approbasie en bevestiging van diakens onderhou word" (vgl Pont 1981:178,179).
    Kerkregtelikes wat "kiesreg van die gemeente" onderskryf, het teen hierdie bepaling beswaar (Van der Linde 1983:89v).
    Die artikel is deur die Geref Kerke in 1964 geredigeer om die verkiesing aan die gemeente onder leiding van die kerkraad op te dra omdat die "reg van verkiesing aan die gemeente toekom" (GKSA 1964:70). Waarom die nuwe redaksie die diakens nie meer by die kerkraad noem nie, by die kerkraad, verklaar die Sinode nie. Indien "kerkraad" soos by artikel 79 limitatief gebruik word (Van der Linde 1883:255), sou die nuwe redaksie verkiesings slegs deur ouderlinge en predikante laat lei. Dit kan egter nie die geval wees nie aangesien diakens nÍrens op kerkregtelike gronde deelname belet is nie (GKSA 1979:560).
    Tweedens het die gemeente slegs "reg van verkiesing" indien demokratiese beginsels onderskryf word (Van Ginkel 1975:215). By die beroep van 'n predikant (vgl artt 4,5) handel die kerkraad en diakens in baie opsigte as die kerk wat beroep het. Slegs by die Independentiste was die kerkraad blote uitvoerders van die wil van die gemeente. Daar is geen Skrifgrond om die reg tot verkiesing by die gemeente teenoor die kerkraad te verdedig nie. Daar moet liewer van die eenheid tussen kerkraad en gemeente uitgegaan word, waardeur verskillende wyse van verkiesing moontlik is, terwyl die kerkraad altyd die leidende orgaan bly (kyk artt 30,31 NGB).

    2. "Kiesreg" skep 'n valse probleemstelling

    Calvyn het selfs in burgerlike regering verkiesing deur verantwoordelike kiesers in 'n sogenaamde aristokratiese stelsel bo demokratiese "kiesreg" voorgestaan (Inst IV.20.viii). Gedurende die Hervorming was moderne "demokrasie" nog onbekend. Ons idee van "kiesreg" het gedurende die 18de eeu uit die Rasionalisme opgekom.
    Die koninkryk (Heid Kat S 48), koningskap en heerskappy van Christus as die enigste Hoof van sy kerk (Ef 1 22; Heid Kat S 21) laat slegs monargale kerkregering toe. Dit laat geen "kiesreg" aan die "volk" of konstitusionele monargie van die kerk toe nie. Christus gee die dienaars aan sy kerk (Ef 4:11). Hy en die Heilige Gees (Hd 20:28) beskik daarom oor "kiesreg". Gevolglik is dit foutief om te redeneer dat die kerk 'n "kiesreg" het (Kruger et al 1966:138; Van der Linde 1983:89v). Kerklike "verkiesing" verskil radikaal van wÍreldse "kiesreg". Die kerklike verkiesing wys slegs persone aan in wie die werk en gawes van Christus en die Heilige Gees opgemerk en erken word (Hd 6:3; 20:28). Hierdie "verkiesing" is slegs die uitwendige roeping (vocatio) en word dus nie met meerderheid van stemme finaal beslis nie. Op die aanwysiging volg nog ondersoek (examinatio) en goedkeuring (approbatio) voordat bevestiging (ordinatio) kan plaasvind. 'n "Verkiesing" (vocatio) met 'n groot meerderheid kan gevolglik deur die enkele stem van byvoorbeeld 'n minderjarige wat onsedelike gedrag by 'n geroepene bewys, vernietig word.

    3. verkiesing

    Die ou redaksie van artikel 24 het nog die fases van vocatio ("verkiesing" of aanwysing) examinatio en approbatio (ondersoek van en aanvaarding deur die gemeente) en die ordinatio (bevestiging, toelating, diensaanvaarding) duideliker onderskei. Die examinatio wat by predikante voorgeskryf is, word nie meer by ouderlinge en diakens formeel toegepas nie, alhoewel dit veronderstel word dat die persoon oorweeg en geskik bevind word.
    "Verkiesing" in artikels 4,5,22 en 24 kom dus op "uitwendige roeping" (vocatio) neer (art 3). Soos wat die diens van die dienaar 'n middel in die hand van Christus is, so is die verkiesing van die gemeente 'n middel in sy hand en van die Heilige Gees om iemand vir diens te roep (vgl eerste vraag Bevestigingsformulier). Dit is verkeerd om die kerkraad met of sonder diakens teenoor die gemeente te stel en die "reg" om te verkies by die een of die ander te plaas. Die gemeente verkies onder die ordelike leiding van die kerkraad en diakens. Calvyn het die eenstemmige en verantwoordelike aanvaarding deur die gemeente as teken beskou dat God self die persoon tot sy diens roep. Die gemeente dui aan dat die persoon vir die diens geskik en bekwaam is (Van't Spijker 1970:156,377).
    Die plaaslike kerk stel die verantwoordelike wyse van verkiesing vas (art 30). Die kerkraad saam met die diakens bepaal watter manier die belange van die kerk die beste sal dien. In stedelike kerke waar mense mekaar byna nie ken nie, pas metodes wat ideaal in 'n plattelandse gemeente werk, glad nie. In eersgenoemde geval dra die kerkraad en diakens en dikwels die predikant feitlik alle verantwoordelikheid om mense aan te wys, terwyl op die platteland selfs 'n vrye verkiesing gehou kan word. Kerklike verkiesing moet altyd ordelik, opbouend, verantwoordelik sonder persoonlike of party-invloed verloop. Die gemeente moet minstens betrokke wees om te bepaal of elke aangewese persoon aan die Skrifeise vir die diens beantwoord. Die afkondiging van name moet die gemeente oproep om te oordeel of die persone geskik is en om vir die geroepe dienaars te bid.
    Die Kerkorde dui reeds enkele alternatiewe maniere van verkiesing aan:
    (1) Die gemeente kan opgeroep word om op geskikte persone die aandag te vestig. Daarna kan die kerkraad (en diakens) daaruit die nodige aantal aanwys en aan die gemeente voordra om toestemming (approbasie) van die hele kerk (mans, vroue, kinders) te verkry.
    (2} Die kerkraad kan saam met die diakens, sonder om name van die gemeente te vra, net die nodige getal aan die gemeente voordra. Eers wanneer die gemeente hierdie voordrag aanvaar en gekeur (approbeer) het, kan die bevestiging plaasvind.
    (3) Die kerkraad en diakens kan byvoorbeeld vir elke vakante wyk 'n tweetal van broeders wat geskik geag word, stel. Daarna kry die gemeente (wyk?) geleentheid om een van die twee aan te wys, waarna nog altyd weer die goedkeuring van die hele gemeente verkry moet word, voordat bevestiging kan plaasvind. Waarom Van der Linde dit die mees bevredigende en normale metode noem, is nie duidelik nie. Dit is op sigself reeds 'n baie beperkte "verkiesing".
    (4) Die kerkraad kan wanneer byvoorbeeld vyf verkies moet word, sewe of tien name voor die gemeente lÍ om daaruit vyf aan te wys. In hierdie geval moet die gemeente vir vyf of minder name "stem". Dit betrek die gemeente beter by die "verkiesing" as die vorige metode.
    (5) In 'n kerk waar almal mekaar goed ken en die gemeente op 'n hoŽ en verantwoordelike geestelike peil beweeg, kan 'n vrye verkiesing gehou word. Die gemeente, saam met ouderlinge en diakens, begin sonder voorstelle stem en indien nodig, word onder die hoogste stemtotale herstem totdat die nodige getal met minstens die helfte plus een van die stemtotaal aangewys is.
    (6) Gedurende die Reformasie het die kerkraad en diakens (konsistorie) sonder die gemeente die verkiesing behartig (Van Ginkel 1975.156; 226; vgl Emden 1571 artt 13,14).
    (7} In die kollegialisme benoem die Ring gewoonlik die eerste kerkraad (en reken diakens by die ouderlinge). Die "kerkĒ stel as 't ware die "kerkraad" vir die nuwe "gemeente" in en plant hom as 't ware so voort. Daama vul die kerkraad (soms saam met "oud-kerkraadslede") sy "lede" aan. Diť metode moet prinsipieel afgewys word.
    (8) Gedurende die Reformasie het die patronaatreg van die owerheid en feodale stelsel veroorsaak dat die owerheid ouderlinge aangewys het (Van Ginkel 1975:229v). Calvyn moes in GenŤve die kompromis aangaan dat die ouderlinge uit lede van die Raad van GenŤve kom en die burgemeester die kerkraadsvergadering sou lei (Pont 1981 29,45). Wanneer hierdie ouderlinge beantwoord aan die vereistes wat die Woord van God stel, is hulle wettig en ordelik dienaars van Christus, omdat nie die wyse van verkiesing, kiesreg of delegasie van mag uit die kiesers nie, maar roeping hulle diens bepaal. Die aard en karakter van die diens wat hulle lewer, sal beslis of hulle van God geroep is of nie.

    4. Wie is verkiesbaar?

    Die Skrif stel vir die diens van ouderling en diaken hoŽ vereistes (vgl 1 Tm 3 en par A hierbo). Hulle moet belydende gelowiges van onbesproke gedrag wees en oor die gawes beskik wat by die diens pas. Die vereistes verskil ten opsigte van ouderlinge en diakens. Daar word dikwels gefouteer deur net na ouderdom te kyk. Diakens sou jonger en ouderlinge ouer wees.
    Die te verkose ouderling of diaken mag nie 'n "nuweling" wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. Dit hou ook in dat hy nie 'n nuweling in die gemeente moet wees nie want die gemeente moet hom op goeie kennis verkies en approbeer (1 Tm 3:6,7; Hd 22:12; 3 Joh:12). Ouderlinge sowel as diakens moet hulle eie huise goed regeer. "Goed" hou in Christelike norme en orde sowel as ekonomies gesond. Eties gaan Van der Linde te ver wanneer hy iemand wat een maal as skuldige party geskei het, permanent onbevoeg vir kerklike diens verklaar (1983:94). Elke geval moet op eie meriete behandel word. Die daad van egskeiding is sonde van "owerspel", maar die Here het tog egskeiding toegelaat al bly dit veroordeel (Mt 18:8). Wanneer so 'n sondaar oor 'n tydperk berou en nuwe lewe duidelik bewys het en as sodanig weer in die gemeente aanvaar word, kan die sonde van egskeiding tog nie altyd teen hom gehou word nie. Die beslissende vraag is of so 'n persoon as ouderling 'n ander sal kan vermaan. Dieselfde oorwegings geld wanneer 'n afgesette ampsdraer (predikant, ouderling of diaken) later weer vir een van die drie dienste oorweeg moet word.
    Die vraag is ook of iemand wat in een amp dien vir 'n ander verkies mag word. Dit is seker geoorloof as buitengewone maatreŽl wanneer nood dit verg. So 'n persoon moet van die amp waarin hy dien losgemaak word voordat hy in die ander diens bevestig kan word. Die praktyk wat 'n tyd lank beoefen was om emeriti-predikante of teologiese professore as ouderlinge te verkies sonder dat hulle ontslag as predikante neem, is buite orde (GKSA 1964:100v;1967:61).
    Gereformeerde sinodes wou nie grade van verwantskap onder dienaars in die kerkraad reglementeer nie, aangesien sommige apostels broers was (GKSA 1904: art 30). Nogtans moet famllielede onthou dat hulle in sake wat familie raak nie onpartydig is nie. Hulle moet in kerklike vergaderinge waar verkiesings
    of beslissings hulle familie raak, hulle belange verklaar en hulle daarvan weerhou om te stem, anders rnaak hulle hulle aan nepotisme skuldig
    Die vraag kan ook gestel word of teen die name op 'n tweetal of groslys beswaar ingebring kan word voordat die verklesing plaasvind. Moet so 'n beswaar voor die verkiesing uitgemaak word? Sommige meen dat die kandidate ook geapprobeer moet word (Kruger et al 1966137). Die feit is egter dat die verkiesing keuring mag teweeg bring. Besware teen ampwaardigheid kan eers oorweeg word, wanneer iemand aangewys en met die roeping gekonfronteer is. Indien die beswaar teen 'n kandidaat nie 'n growwe openbare sonde (art 76) raak nie word die vrede in die kerk gedien as besware oorweeg word nadat iemand verkies is.
    ín Kerk kan byvoorbeeld binne Lesotho net vroue en jong seuns vir ampsdiens beskikbaar hÍ. Sou vroue in hierdie geval verkies kon word? Kragtens die arnp van gelowige kan vroue daadwerklik die funksie van hulpouderlinge uitvoer. So sou hyvoorbeeld tien vrouelike hulpkragte net twee ouderlinge (artt 37,38) kon bystaan (Rm 16:12, Priscilla in Hd 18:26 en 2 Tm 4:19). Gedurende die Reformasie is van hulpkragte in buitengewone omstandighede gebruik gemaak (Van Ginkel 1975199,203). Indien 'n kerkraad onseker is, kan hy 'n naburige kerk(e) inroep om hom te adviseer.
    Daar is reeds op gewys hoe ouderlinge en diakens gedurende die Reformasie (vgl oa Van Ginkel 1975 245) op verskillende maniere deur verskillende instansies verkies is. In daardie tyd het die mans wat belydenis gedoen het namens hulle gesinne (1 Kor 14:35) die openbare funksie om te stem uitgevoer (kyk by art 4) en so saam met die kerkraad en diakens opgetree. Tog moet nie op sekulÍre model gepraat word van die "verkiesingĒ berus by al die belydende manslidmate wat nie onder sensuur verkeer nie omdat dit die opvatting begunstig dat verkiesing op grond van "lidmaatskap in die kerk (gemeente) as kollegium berus (kyk Bouwman 1934:528; Kruger et al 1966:140). "Verkiesing" berus nie op formele "lidmaat-van-'n-kerk"-wees nie. Die toelating van vroue om te stem in die verkiesing (GKSA 1988:507) is 'n korreksie op die eensydige klem op ďmanslidmate" en 'n toegewing aan moderne kultuur waarin die funksionele eenheid tussen man en vrou grootliks verindividualiseer is. Hoe kollegialisties gedink kan word, blyk uit die feit dat die besluit van 1988 op plekke sito-sito sonder die kerkraad ingevoer is, wat teen die grein van die reg ingaan (vgl Pienaar 1984v3).

    5. Hoe die verkiesing plaasvind

    Die Reformasie stel vier vereistes by die verkiesing. Die eerste en belangrikste is dat daarvoor gebid moet word. Tweedens dat noukeurig gelet moet word op die vraag of die Heilige Gees die persoon aanwys deurdat hy genadegawes ontvang het. Derdens moet die verkiesing vir approbasie deur die gemeente voorsiening rnaak. Die bevestiging moet laastens met heilige erns plaasvind (Van't Spijker 1970:166-169). Die GKSA binne Afrikaans-nasionale sinodale verband skryf na die gebed stembriefies voor wanneer oor persone gestem word. Dit dien die eendrag en vrede in die kerk (NGB 32). In bepaalde gevalle mag opsteek van hande deur die kerkraad bepaal word indien dit die verkiesing die beste kan dien. Wanneer "stemme" staak, is vroeŽr soms die oudste van die twee kandidate aangewys. Tans moet die lot gewerp word (GKSA 1910: art 176; kyk bis 54v).

    6. Die approbasie of eintlike verkiesing deur die gemeente

    Die hele kerk, mans, vroue en kinders, het aan die keuring of approbasie van die beroep deel. Selfs iemand wat onder kerklike behandeling verkeer (artt 76,77), mag oor inligting beskik wat die kerkraad moet oorweeg voordat die beroep deur die gemeente goedgekeur en deur die beroepene toegestem en aanvaar word. Gedurende die Reformasie is persone dikwels nie toegelaat om die roeping te weier nie (Van Ginkel 1975:231).
    Met die oog op die approbasie word die name in die reŽl minstens drie agtereenvolgende Sondae aan die gemeente afgekondig. Indien iemand van iets weet wat die bevestiging in gedrang mag bring, moet dit by die kerkraad aangemeld word. Die kandidaat kan ook self gedurende die tyd van oorweging sake met die kerkraad uitklaar voordat hy sy finale antwoord gee. In hierdie approbasietydperk moet godsdienstige erns, die unieke aard van kerklike diens (artt 2 en 3), die besondere omstandighede van die kerk en van die persoon wat beroep is, voorop staan. Soms waar die kerkraad vir die eerste keer ingestel word (art 37) of waar bediening moeilik en seldsaam in afgeleŽ gebiede plaasvind, vereis die belange van die kerk dat die approbasie onmiddellik na verkiesing verkry en bevestiging moet plaasvind.
    Wanneer kerklike "verkiesings" ligtelik hanteer word of met hoŽ frekwensie voorkom, verloor die roeping aan karakter. Dit sal dit al moeiliker maak om dienaars te vind wat erns en toewyding aan die dag sal lÍ. Om die frekwensie van verkiesings te beperk, moet vakatures liewers oorbrug word sodat so min as moontlik "bevestigings" per jaar plaasvind (art 27).

    7. Bevestiging

    Die bevestiging van ouderlinge en diakens vind plaas in 'n samekoms van die gemeente onder leiding van die ampte met die Formulier wat daarvoor vasgestel is. Daarna onderskryf die bevestigde broeders ook die Formuliere van Eenheid (art 54). Bevestiging met oplegging van hande het gedurende die Reformasie nog plaasgevind, maar spoedig in onbruik geraak (Van Ginkel 1975:237). Bucer en Calvyn het diť gebruik voorgestaan mits dit die erns van bevestiging beklemtoon (Inst IV.3.xvi, Van't Spijker 1970:377). Bevestiging moet van die kerkraad en 'n voorganger uitgaan (Van't Spijker 1970:382). Om te dien is om die Woord, sakramente en tug te laat funksioneer. Aangesien die bekwaamheid slegs van God kan kom, is die gebede by bevestiging noodsaaklik (vgl Van't Spljker 1970:384). Die Formuiiere moet sinvol, doelgerig en effektief by bevestiging gebruik word. Wie dit net as 'n "lastige formaliteit" aframmel, moet dit liewer nalaat.

    8. Die Formulier

    Die huidige Bevestigingsformulier kom van die Nederlandse Sinode van Den Haag 1586. Dit stem ooreen met die tradisie van Bucer, Calvyn, a Lasco en Micron (Van Ginkel 1975:238). Dit fundeer die ampte in die Bybel en sluit die huidige populÍre opvatting dat die ampte amptenare van die kerk is, uit. Dit beklemtoon dat die ouderlinge geroep is om saam met die predikante te regeer.
    Gedurende die Reformasle was die diakens in die Christelike staat feitlik die burgerlike welsynsdepartement en tot versorging van armes beperk, asof net armes aan die tafels van Hd 6 aangesit het (art 25). Die GKSA het die Formulier vir die bevestiging van diakens na 'n lang geskiedenis hersien en inhoudelik verbreed (GKSA 1985:354-359).

    9. Kerklike kleredrag

    Die Skrif gee geen voorskrifte oor kerklike kleed vir die Christene of dienaars in die Nuwe Testament nie. Die Roomse kerklike kleed het vanaf die 5de eeu uit die Ou Testament ontwikkel namate die priesteramp uit die ouderlingamp ontstaan het (KŁng 1973:436v). Die Reformasie ken geen kerklike kleed nie. Geleidelik het besondere kleredrag in gereformeerde kerke tog posgevat. Sommige het 'n toga vir 'n predikant as bewys van sy akademiese opleiding ingevoer. Ander het in die Viktoriaanse tydperk (19de eeu) deftige modes soos mantel en bef, strikdas, manťl of witdas vir predikante en later vir alle "kerkraadslede" voorgeskryf. Die GKSA het geweier om ampsdrag voor te skryf omdat die Nuwe Testament dit nie doen nie (GKSA 1879 art 158). Nietemin het talle kerkrade in die OVS en Kaapprovinsie tot in die middel van die 20ste eeu van ouderlinge en diakens manťl rnet witdas tydens eredienste verwag. Tans het diť gebruik uitgesterf en moet kleredrag slegs volgens die mode en betrokke volkskultuur netjies en gepas wees (kyk art16 punt 5).
    Swart kerkgemeenskappe, ook Gereformeerdes, het soms 'n besondere kleed vir 'n groep vroue binne die gemeente. Sommige voorgangers is heftig daarteen gekant, ander laat dit aan die vryheid van elke kerk oor. Hieroor gee die Skrif ook geen voorskrif nie. Dit is ewe skadelik om die kleed te verplig as om dit te belet. Om te argumenteer dat dit sondige hoogmoed of ander euwels kweek, gaan nie op nie omdat die kleed nie noodwendig sonde meebring nie. Tweedens verander die verbod op 'n kleed nog nie die gesindheid waaruit sonde opkom nie. Oor uiterlike sake soos klere moet die vrede en eenheid van die kerk van die Here nie in gedrang gebring word nie (NGB 32), veral as dit met 'n bepaalde kultuurgemeenskap en volksgewoontes saamval. Dergelike uiterlikhede moet met geduld, lankmoedigheid en liefde hanteer word totdat die Woord en Gees die harte verander.

    10. Enkele probleme vir ouderling- en diakenskap

    Dit kan gebeur dat bepaalde persone uit ambisie, eersug of om bepaalde bymotiewe hulleself as ouderlinge of diakens bevestig wil kry. Hulle kan hulleself op die voorgrond dwing. Reeds tydens die Hervorming moes kerkrade daarteen optree. Politici wou in die verlede as ouderlinge invloed uitoefen in die kerkraad. Vandag is daar bepaalde politieke bewegings wat planmatig kerkrade infiltreer om kerke as bondgenote in hulle politieke stryd na links of regs te manipuleer. ín Sakeman mag die kerkraad vir sy besigheid probeer gebruik. ín Familielid mag vir een van sy familielede propaganda maak. Iemand wat homself of ín familielid in die diens van ouderling of diaken probeer inwring, moet op sterkte hiervan nie oorweeg word nie (Van Ginkel 1975:232).
    Dit is ook verkeerd om persone te dwing om die roeping op te volg. Nogtans moet ín kerkraad hom op die hoogte bring waarom iemand die roeping afwys. So ín persoon moet pastoraal besoek word en op die betekenis van die roeping en implikasies van die weiering om te dien, gewys word. Voorligting, motivering en aanmoediging kan nie sonder meer as dwang beskou word nie.
    Talle mense aanvaar ín roeping om populÍr te wees of ter wille van status in die samelewing. Hulle is nie werklik bereid en ingestel om te dien nie. Kerkrade moet op die gepaste wyse hierteen waak (art 81). Waar die kerk in baie opsigte vandag als ín menslike organisasie en die Bybel as ín boek met oorkonde van godsdienstige ervaring beskou word, moet kerkrade bewus wees van hulle taak om die heiligheid van die kerkdiens te beskerm.